Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Fakkelloop betree die toekoms
Voortrekkers
Die Voortrekkers se Fakkel word nog vandag in die Vrystaat rondgestuur met die hulp van Kuifie.

Die Voortrekkers doen vanjaar ’n moderne weergawe van die fakkelloop waarmee hy die Groot Trek in 1938 herdenk het.

Destyds is die feesfakkel op 30 November in Kaapstad aangesteek. Dit het die aand van 15 Desember by Monument­koppie in Pretoria aangekom. Die Voortrekkers se fakkelvlam brand nou, 80 jaar later, steeds in die senotaafsaal van die Voortrekkermonument.

Om die 80ste herdenking van die historiese fakkelloop te vier, is ’n digitale fakkel op 30 November aangesteek.

Kuifie sal Die Voortrekkers help om die fakkel te dra. Hy gaan die fakkel neem en op Facebook oor Suid-Afrika en Namibië heen draf totdat dit op 15 Desember by die Voortrekkermonument aankom.

Sy roete is so beplan dat hy op spesifieke datums in elke streek kuier. Hy kuier Woensdag (05/12) en vandag in die Vrystaat, waar die Vrystaatse gebiedsleier, Willie Engelbrecht hom sal verwelkom.

Danie Langer, hoofleier van Die Voortrekkers, sê dit sal lekker wees as elke Voortrekker kan help om positiewe boodskappe van geloof, hoop en liefde deur die land heen te versprei.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Bloemnuus  |  Voortrekkers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.