Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Familiegeskiedenis uit die Groot Griep herroep

Tannie Ria Marais (89), wat in Harrismith gebore is en die afgelope 20 jaar in die Westerbloem-aftreeoord woon, vertel sy het grootgeword met stories wat die groot­mense oor 1918 se Groot Griep vertel het.

’n Aandenking wat sy uit daardie tyd het, is ’n troufoto van haar ouma se jonger suster Ellie, wat met Tom Roos getroud is. Hierop is saam met die paartjie haar ma, Dalla Uys (later Wessels) die blommemeisie, en saam met die strooimeisie, wie se naam nie bekend is nie, is Tom se broer Jannie.

“Die troue het plaasgevind in 1916. Twee jaar later, in Oktober 1918, is die vier volwassenes op die foto binne twee weke almal aan die griep oorlede. Ellie was toe ses maande swanger.”

Met die uitbreking van Covid-19 dink baie mense terug aan die Groot Griep of die Spaanse Griep, wat die vorige pandemie was wat wêreldwyd ’n invloed gehad het.

“Die foto is vir my van onskatbare waar- de. My dierbare mammie, die blommemeisie op die foto, het die pandemie oorleef.”

Die verbintenis met die Groot Griep kring wyd uit. Tannie Ria vertel toe sy in die jare 1960 na Bethlehem verhuis het, het sy Rina du Toit, hul buurvrou, ontmoet.

“Sy het toe al verhale vir tydskrifte onder die naam Rina Hart geskryf. Sy het ’n roman met die Groot Griep as tema geskryf. Ongelukkig het my boek met ons verhuising na Bloemfontein verlore geraak. My vriendin en geesgenoot van 58 jaar is 100 jaar ná die Groot Griep op 19 September 2018 op 98-jarige ouderdom oorlede.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.