Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Families kuier saam

Families Suid-Afrika (Famsa) se Bloemfontein-tak bied op 24 September ’n familiedag by die Goose Hill-troue- en geselligheids­lokaal aan.

Families kan op dié dag, Erfenisdag, braaigeregte koop en saam kuier.

Goose Hill is agt minute se ry buite Bloemfontein op die Walter Sisulu-pad.

Die venue is gratis vir hierdie lekker kuierdag aan Famsa beskikbaar gestel.

Die familiedag begin om 08:00 met ’n 5 km-pretstap en -draf.

Van 09:00 sal stalletjies ’n verskeidenheid kos en drinkgoed te koop aanbied. ’n Uitstalling van die veteraan-motorklub sal ook te sien wees.

Lede van die Young Entrepreneurs-program sal ’n hoekie skep waar kindervermaak aangebied word.

Kinders sal hier onder meer aan speletjies kan deelneem en handwerk doen. Lekkergoed en drinkgoed sal ook vir hulle beskikbaar wees.

Young Entrepreneurs nooi alle skoolgaande kinders, wat ’n bestaande onderneming het en op hierdie dag wil uitstal, om hulle by marketing@younge.co.za te kontak.

Die kuierdag bied verder ook vermaak vir oud en jonk, met Jacobus Silwer en kunstenaars van die Al die pad van Bloem-projek wat gaan optree.

Daar sal genoeg parkeer- en sitplek vir almal wees. Toegang kos R20 per volwassene, en kinders jonger as 13 kan die dag gratis bywoon.

Enigiemand wat op die dag wil uitstal, kan Marie-Louise Smith by 083-287-8845 bel of ’n e-pos na ml@zigzagcreations.co.za stuur.

  • Famsa het toenemend geld nodig om daagliks sy kernfunksie te vervul.

Dié organisasie beywer homself vir gesonde en funksionele families en streef daarna om hulle met hul emosionele behoeftes by te staan.

Famsa help individue en families om verhoudings te bou en te herstel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.