Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Families ‘saam in kerk’

Duisende lidmate van kerke oor die stad heen moes Sondag (22/03) vir die eerste keer na ’n kerkdiens op die rekenaar kyk nadat byeenkomste opgeskort is.

Ook die NG kerk Berg-en-Dal het sy diens aan gemeentelede via YouTube uitgesaai.

Ds. Jan Lubbe sê hulle het die diens reeds Donderdag (19/03) opgeneem en ’n jong gemeentelid R.W. Adendorf (gr. 10-leerling van die Hoërskool Sentraal) het die redigeerwerk gedoen. Die video op YouTube was reeds Saterdagaand vir gemeentelede beskikbaar.

Twee van die gemeentelede wat Sondag dié elektroniese kerkdiens gevolg het is oom Hans (90) en tannie Marianne Koorts (88) wat al van 1965 lidmate van Berg-en-dal is.

Hul kleindogter, Susan Conradie, sê toe sy aan haar grootouers gesê het hulle moet weens die Covid-19-virus by die huis bly, was hul eerste reaksie: “Kan ons ook nie kerk toe gaan nie?”

Oom Hans was vroeër jare ’n argitek in die stad en tannie Marianne is die dogter van prof. Adriaan van Selms, ’n bekende Nederlandse teoloog. Tydens die Tweede Wêreldoorlog is tannie Marianne en haar ouers in ’n Japanse interneringskamp op Java gevange gehou.

Lubbe sê die geskiedenis herhaal homself en mense leer om in omstandighede aan te pas.

“Daar is egter nie net die uitdaging van talle bejaardes wat kwesbaar is vir Covid-19 nie, daar is ook die uitdagings van eensaamheid en mense wat moed verloor. Juis daarom het ons vinnig besef dat ons ’n netwerk moet vorm sodat mense in kontak met mekaar kan bly.”

Hy sê hulle het baie positiewe terugvoer van gemeentelede gekry oor Sondag se erediens. “Van die uiters positiewe reaksies wat ons gekry het was van gemeentelede wat die diens van 25 minute se skakel aangestuur het vir hul kinders in die buiteland. Baie van hulle sê hulle kon vir die eerste keer in jare saam deel in ’n erediens.”

Dié kerk is gerat om in die volgende paar weke en ook oor Paasnaweek eredienste op te neem en beskikbaar te stel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.