SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Nuus
Familiewinkel nou oop

Die splinternuwe Pick n Pay Reizis Square het vanoggend (28/11) om 07:00 in Raymond Mhlabastraat oopgemaak – net betyds vir talle spesiale aanbieding vandag en op Black Friday (29/11).

David Garrett, assistent-bestuurder van die nuwe winkel, nooi klante om self te kom inloer by die stylvolle nuwe winkel. “Dis ’n familiewinkel met alles wat jy van ’n Pick n Pay verwag.”

Spesiaal vir Black Friday, gaan die winkel Vrydag 06:00 oopmaak.

Garrett sê die nuwe winkel het reeds 75 nuwe werksgeleenthede geskep en soos die winkel gevestig raak, sal daar moontlik nog mense aangestel word. “Wat dit opwindend maak, is dat ons vir talle mense wat al jare werkloos is, ’n geleentheid geskep het,” het hy kort voor die opening van die winkel gesê.

Die eienaars van die winkel is Obakeng Motlhodiemeng, Duncan Pentz en Dennis Folkey.

Soos met Pick n Pay Preller Walk, sal daar by Pick n Pay Reizis Square ook benewens die gewone daaglikse vars wegneemkos, elke Donderdag van 16:00 af spesiale etes teen billike pryse beskikbaar wees.

Daar is heelwat parkeerplek wat bereik kan word vanuit Torbetstraat. Talle nuwe winkels open ook binnekort by Reizis Square.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.