Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Fees bied boere verligting

’n Musiekfees om geld in te samel vir Boere Droogtehulp SA se projekte om boere in droogtegeteisterde gebiede te ondersteun, word op Saterdag 14 Maart by die Laerskool Sand du Plessis aangebied.

Jan Lotz, plaaslike koördi­neerder van Boere Droogtehulp SA, sê daar word gehoop om met die Sannies Boere-droogtehulpfees sowat R70 000 in te samel.

“Talle boere in die Noord-Kaap, Oos-Kaap en ander dele van die land het die afgelope agt jaar geen reën ontvang nie,” sê Lotz.

“Selfs al sou dit goed in dié dele reën, gaan dit die boere drie tot vyf jaar neem om weer op hul voete te kom.

“Dit is dus vir ons as Boere Droogtehulp SA ’n saak van erns om die boere soveel as moontlik te ondersteun.”

Dit sluit in die skenk van voer vir diere, brandstof en ook kos en klere vir mense op plase.

’n Konvooi van 36 voertuie van Boere Droogtehulp SA het begin Desember van Rustenburg deur Bloemfontein na Cradock beweeg, waar voer by boere afgelaai is.

Lotz sê volgens hul bereke­ninge is daar sowat 4 000 boere oor die land heen wat ernstige probleme weens die droogte ondervind en tussen 300 en 350 van hulle wie se omstandighede kritiek is.

“Die kunstenaars wat vir ons tydens die Sannies-fees gaan optree, doen dit almal gratis. Hulle het almal dadelik ingestem omdat hulle besef hoe belangrik dit is dat hulp aan die boere gebied word.”

Dit sluit in kunstenaars soos Zack Steyn, Jakkie Louw, Juan Boucher, Karlien Husselman, Daniel Wesley, Neil Somers, Pieter Naude, Elizabeth en Duane Louw.

Kaartjies is by Computicket beskikbaar. Dit kos R100. Kinders jonger as 12 jaar betaal R50.

Die konsert is van 10:00 tot 22:00.

Mense wat die konsert bywoon, kan hul eie kampstoele en koelhouers (geen glas) bring. Daar sal kosstalletjies wees.

Rig navrae aan Lotz by 063-137-0202.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.