Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Fees bied vermaak, kunstemark aanlyn

Die Covid-19-pandemie wat wêreldwyd daartoe lei dat massa-byeenkomste gekanselleer of geskuif moet word, het ook ’n ligpunt.

Kunstefeeste in Suid-Afrika moes vinnig by die veranderings aanpas om hul voetspoor steeds te vestig.

Dr. Ricardo Peach, direkteur van die Vrystaat Kunstefees (VK), sê in ’n mediaverklaring dit het die organiseerders genoop om ’n digitale oudit te doen en aanlyn aanbiedings te ontwikkel.

Die VK het in April en Mei talle besprekingsessies gehou waardeur aspekte rondom feeste en hoe digitale mediums aangewend kan word, onder die loep geneem is.

“Die Vrystaat Literatuurfees gaan nou aangevul word deur die Vrystaat Fête-à-tête-boekeprogram, daar is die ontwikkeling van ’n aanlyn kunstemark-ekonomieprojek, Vrystaatse kuns- en gesondheids­projekte en Snelstroomaanlyn­teater en -musiek,” sê Peach.

“Die Klank en Klassique wat vanjaar in Mei die eerste keer aangebied sou word, word nou vervang met ’n Virtuele Klank en Klassique.

“Ander opwindende projekte is KunsVry-Aanlyn, Inry-toneelteater en die Crossings-kunslaboratorium.”

Die Vrystaat Fête-à-tête boeke­program gaan ’n verskeidenheid aanlyn boekbekendstellings en -besprekings, en digkunsvoorlesings en -optredes insluit.

Dit sal deur middel van verskillende mediums aangebied word, soos potgooi, vooraf-opgeneemde videogesprekke, radioprogramme en regstreekse sessies met Suid-Afrikaanse en internasionale skrywers en digters. Hou die Vrystaat Fête-à-tête webbladsy dop vir meer inligting. Die VK Kunstemark sal vanjaar aanlyn beweeg.

Peach sê dié mark sal oor twee fases ingestel word, met die eerste wat ’n aparte webblad gekoppel aan die VK-webblad behels, waarop uitstallers artikels met kontakbesonderhede en betaalmetodes sal kan aanbied en reël vir aflewering.

Atie Kamper, organiseerder van die VK-kunstemark, sê hulle ondersoek nou ook ’n stelsel wat soos ’n funksionele aanlyn mark werk waarop uitstallers hul produk en prys sal kan adverteer, en verbruikers dit dan van een sentrale punt kan koop en laat aflewer.

Die tweede fase behels die ontwikkeling van ’n ten volle funksionele aanlyn mark waarop uitstallers hul produk en prys sal kan adverteer en verbruikers dit van ’n sentrale punt kan koop en laat aflewer.

“Die Snelstroom-prototipe­program is ’n aptytwekker vir November se aanlyn aanbiedings. Die fees gaan van Mei tot Julie enkele pasgemaakte eksperimentele werke vir die publiek vertoon en moontlikhede van aanlyn optredes en betaalpunte ondersoek.

“Ons vennootskappe met Think sosiale media, Rooistoel en Creative Kilowatt het ’n belangrike rol gespeel in die ontwikkeling van die platforms wat aanvanklik veral die Vrystaatse teater, musiek en dans sal ondersteun,” sê Peach.

Hou Bloemuusdop vir meer oor die verskeie nuwe projekte van die VK in die komende maande.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.