Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Fees van omgee

Geld wat met die Vrystaat-Kersfeesfees ingesamel is, bring blye verligting vir bejaarde inwoners wie se opsies opgeraak het.

Só het Corlia Karstens, bestuurder van die Vrystaat-bejaardesorgsentrum waaronder Mooihawe val, vir Gerhard en Marie Lombard van De Oude Kraal bedank.

Die fees is Sondag (01/12) op dié landgoed aangebied om geld vir behoeftige bejaardes in te samel.

Karstens sê sy is baie dankbaar vir die wonderlike geleentheid.

“Die Vrystaat-Kersfeesfees bring hoop vir ons inwoners wat van sorgdienste afhanklik is.”

Volgens haar benodig vyf Mooihawe-inwoners om verskillende redes volsorg-verpleegdienste, maar hulle kan nie ten volle daarvoor betaal nie.

“Mooihawe het in die verlede ’n staatstoelaag ontvang om verpleegdienste aan bejaardes te lewer. Die toelaag het slegs ’n derde van die koste gedek. Sedert 2015 ontvang Mooihawe egter nie meer ’n toelaag nie, en geen staatsubsidie meer nie en inwoners is vir hul eie versorgingskoste verantwoordelik.”

Sy sê die inwoners se kinders en familie probeer om die tekorte aan te vul, maar die sentrum moet eenvoudig alternatiewe bronne kry om vir dié dienste te betaal.

“Die bydrae uit die Kersfeesfees versterk Mooihawe se voorsieningsfonds. Inwoners kan Kersfees en die nuwe jaar nou met meer gerustheid ingaan. Dankie aan Marie en Gerhard vir jul omgeehart vir mense wat swaarkry.”

Die gaste kon landgoedwyne proe en smul aan die kos waarvoor Marie en haar span bekend is.

Mario Lategan van Phoenix Productions wat die vermaak gereël het, sê al die kunstenaars het gratis opgetree.

Dit het studente aan die Cèzanne Yzelle Vocal Studio, die PDA-orkes met Gucinda Harmse, Mario Lategan, Thabo Hlongwane en Bliss Acapella ingesluit.

Bloemnuus was die gedrukte media-borg van die geleentheid.

Die bydrae uit die Kersfeesfees versterk Mooihawe se voorsienings­fonds. Inwoners kan Kersfees en die nuwe jaar nou met meer gerustheid ingaan. Dankie aan Marie en Gerhard vir jul omgeehart vir mense wat swaarkry. - Corlia Karstens

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.