Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Fees van sang

Die beste skoolkore in Suid-Afrika en Namibië trek hierdie week in Bloemfontein saam vir die eindronde van die ATKV-Applous-kompetisie.

Dit bied ’n feestelikheid van jong sangstemme van vier dae waartoe ook Coenie de Villiers as genooide kunstenaar sal bydra.

Vir die skole is wen sekerlik belangrik, maar die eerste prys is die genot van sowat 40 skoolkore wat saam musiek maak.

Applous word in die Sand du Plessis-teater aangebied en duur van Woensdag (24/07) tot Saterdag (27/07).

Gister (24/07) het die Afrikaanse en nie-Afrikaanse kore van tien laerskole van Pretoria, Kemptonpark, Bellville, Durbanville, Vryheid, Potchefstroom en Bloemfontein teen mekaar meegeding.

Vanaand (25/07) kom laerskool­kore in die prestige-afdeling aan die beurt, asook laer- en hoërskole in die ope afdeling. Dié skole is van Pretoria, Durbanville, Port Elizabeth, Durban en Humansdorp.

Die volgende twee aande word net aan hoërskoolkore gewy. Vrydag word die meriete-afdeling verdeel in seuns-, meisie- en gemengde kore.

Deelnemers wat van ver na Bloemfontein moet reis, is die Hoërskool Duinesig in Walvisbaai en die Hoërskool Namakwaland in Springbok. Ander kore is van die Hoërskool Akasia, Garsfontein, Cornwall College en Hendrik Verwoerd in Pretoria, die Hoërskool Strelitzia in Uitenhage en die Hoërskool Jeugland in Kemptonpark.

Die meisiekore is van La Rochelle in die Paarl, High School for Girls in Potchefstroom, en Girls High School in Pietermaritzburg.

Die hoogtepunt van die fees is die prestige-afdeling vir hoërskole Saterdag. In dié top-afdeling is twee skole van Bloemfontein – die Hoër Meisieskool Oranje en Eunice High School. Drie kore is van Pretoria, naamlik Afrikaanse Hoër Meisieskool, Boys High School en die Hoërskool Menlopark. Die ander deelnemers is die Hoër Jongenskool Paarl, Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch, Helpmekaar Kollege in Johannesburg en Stirling High School in Oos-Londen.

Die kaartjies kos R100 en R60 vir kinders en pensioentrekkers en is by Pacofs (051-447-7772) beskikbaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.