Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Feite oor disleksie verras

Om letters om te ruil, die volgorde van letters in ’n woord te vergeet of om soms van regs na links te lees is voorbeelde van hoe disleksie frustrerende, en vir baie lyers vernederende, uitdagings in ons wêreld van tegnologies gevorderde kommunikasie kan skep.

Oktober is Internasionale Disleksie-bewusmakingsmaand en is daarop gemik om eensgesinde organisasies te verenig en sodoende kennis en hulpbronne met ouers, onderwysers en die breë publiek te deel.

Ter ondersteuning hiervan het Edublox ’n lys van feite oor hierdie leerhindernis saamgestel:

  • Die term is in 1884 deur die Duitse oftalmoloog Rudolf Berlin geskep en in gebruik geneem. Dit kom van die Griekse woorde “dys”, wat swak beteken, en “lexis”, wat woord beteken.
  • Disleksie is algemeen. Volgens ’n Yale-studie sukkel een uit vyf mense daarmee.
  • Soos hipertensie kan disleksie wissel in graad. Die terme lig, matig en erg word gebruik om die graad te beskryf.
  • Daar is baie en uiteenlopende simptome. Dit sluit in: letter­omkering (verwarring tussen b en d), spieëlskrif (lees ‘kas’ as ‘sak’), die plaas van letters in die verkeerde volgorde (lees ‘ketel’ as ‘tekel’), klankweglating (lees ‘bak’ vir ‘balk’), baie stadige en huiwerige lees en lees met swak begrip.
  • Dit is dikwels vir mense met disleksie ’n uitdaging om te spel. Spelvaardigheid hou verband met visuele geheuevermoë.
  • Die algemene beskouing dat mense met disleksie letters en woorde agterstevoor sien, is verkeerd. Letteromkering en spieëlskrif is bloot ’n prosesseringsprobleem.
  • Daar is twee hoofsoorte disleksie. Die eerste hou met swak visuele prosessering verband en word diseidetiese of visuele disleksie genoem, terwyl ’n leesgestremdheid wat met ouditiewe prosesseringskwessies verband hou, disfonetiese of ouditiewe disleksie genoem word.
  • Twee dele in die brein is daarby betrokke om te leer lees: Een deel klank woorde uit en die ander sien woorde as prentjies. By disfonetiese disleksie werk die klankdeel nie goed nie, en by diseidetiese disleksie die visuele deel.
  • Disleksie word aan swak prosesseringspoed gekoppel. Bestuurders met disleksie reageer 20 % stadiger op verkeerstekens wanneer hulle in die platteland bestuur, en 30 % stadiger wanneer hulle op stadspaaie bestuur, as bestuurders wat nie disleksie het nie.
  • Vir baie mense met disleksie is dit moeilik om iets in ’n spesifieke volgorde waar te neem en ook om volgorde te onthou.
  • Mense met disleksie het dikwels ’n swak ouditiewe geheue. Toe dislektiese musikante met hul nie-dislektiese eweknieë in ouditiewe persepsietoetse vergelyk is, het albei groepe ewe goed presteer, maar die dislektiese musikante het heelwat swakker gevaar in toetse wat ouditiewe korttermyngeheue meet. Die dislektiese musikante met die swakste ouditiewe geheue het gewoonlik ook die swakste gelees. ) Mense met disleksie het swak langtermyngeheue. Toe ’n groep van 60 dislektiese kinders met 65 lesers van dieselfde ouderdom rakende ’n verskeidenheid take vergelyk is, het uitslae getoon dat dislektiese kinders se langtermyngeheue beperk is.
  • Disleksie hou nie met IK verband nie. Navorsers van die Massachusetts-instituut vir Tegnologie het swak lesers van alle IK-vlakke waargeneem en kon geen verskil vind tussen die manier waarop swak lesers met disleksie of dié sonder disleksie dink terwyl hulle lees nie.
  • ’n Gebrek aan bewustheid lei daartoe dat dislektiese kinders as “lui” bestempel word. Die waarheid is dat baie kinders met disleksie gemotiveerd is en soms ure aan huiswerkopdragte bestee.
  • Disleksie kom in gesinne voor. Kinders met disleksie het dikwels ouers met disleksie.
  • Disleksie kan dit soms moeilik maak vir mense om op tradisionele wyses te leer. Dit is egter nie ’n “siekte” wat “genees” moet word nie. Mense met disleksie kan deur middel van toepaslike onderrig­metodes suksesvol leer.
  • Akkommodering is nie dieselfde as onderrig nie. Sodra ’n kind met disleksie gediagnoseer is, kom hulle in aanmerking vir akkommodering, soos om meer tyd vir toetse te kry. Hoewel hierdie toegewings hul punte kan verbeter, is dit nie ’n plaasvervanger vir onderrig nie. Om ’n kind se disleksie te akkommodeer sal hulle nie leer lees of spel nie.
  • Om vir 20 minute per dag hardop te lees, sal nie ’n kind se leesvermoë verbeter nie. Luidlees help nie ’n kind om onbekende woorde uit te klank nie.
  • Daar moet vroeg begin word met die regte ingryping om akademiese en emosionele probleme te voorkom. Mense glo dikwels dit is makliker om ’n tweede taal aan te leer as jy jonk is. Dieselfde geld vir lees.
  • Jou kind kan dit regkry. Mense met disleksie behaal sukses in omtrent elke beroep waaraan jy kan dink.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.