Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Fietsry met rit bevorder

Dit is binnekort weer tyd vir die V-Power Cycle Tour, ’n fietsrygeleentheid wat jaarliks by die Shell Ultra City Pitstop aangebied word.

Danie Nortier van Shell Ultra City Pitstop sê die geld wat tydens dié dag ingesamel word, gaan om fietsry in Sentraal Suid-Afrika te bevorder.

“Die opbrengs van die dag gaan aan ’n opkomende superster van die jaar wat jaarliks op meriete deur Vrystaat Fietsry aangekondig word.”

Die Hoërskool Sentraal se fietsryer Chanté Olivier het die V-Power-prys in 2017 en 2018 ontvang.

Die fietryuitdaging word saam met Vrystaat Fietsry op 27 Oktober aangebied.

Die wegspringpunt is die Shell Ultra City Pitstop en alle wedrenne maak ook daar klaar. Die wenners van die 100 km-padwedren (mans eerste plek en vroue eerste plek) onvang elk ’n R1 000-brandstofprys. Elk fietsryer wat die wedren voltooi, kry ’n medalje.

Nortier sê daar is jaarliks tussen 350 en 500 fietsryers wat aan die fietsrygeleentheid deelneem.

Afstande vir die dag is 100 km (inskrywingsgeld R200), 50 km (R150), 50 km bergfietsroete (R150 – roete dieselfde as padroete) en R25 km (R100). ’n Daglisensies van R35 word benodig vir die 50 km, 50 km-bergfiets en 100 km-roetes vir fietsryers wat nie CSA-lede is nie.

Skryf op 26 Oktober van 16:00 tot 18:00 by Shell Ultra City Pitstop in of op 27 Oktober van 06:00 tot 07:00.

Aanlyn inskrywings kan gedoen word op www.cycleevents.co.za.

Die roete gaan vanaf Pitstop na Kenneth Kaundaweg, Wilcocksweg, Raymond Mhlabastraat, die N1 met die omdraaipunt by Sunny Hill, terug op die N1 tot by Pitstop (25 km).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.