Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Fikses voer ook stryd
Christine
Christine van den Berg Foto: Albert Bredenhann / PixelPro Photography

Selfs mense wat topfiks is en ’n gesonde leefstyl handhaaf, se lewe word deur Covid-19 omvergewerp.

’n Maand nadat sy Covid-19 gehad het, sukkel Christine van den Berg (39), ’n fiksheidsinstrukteur en gewigsverleis-spesialis van Bloemfontein, steeds met haar gesondheid.

“My dokter het my aangeraai om sowat agt weke nie te oefen nie. Vir my, wat normaalweg twee keer ’n dag hard oefen, is dit ’n reuse-uitdaging om rustig te wees,” sê sy.

“Vrydag het my bloedsomloop so stadig geword dat my voete begin blou word het.”

Sy sukkel normaalweg met asma, maar sedert sy Covid-19 gehad het, is sy erg kort van asem. Sy sê haar dokter sê die nagevolge van Covid-19 kan by sommige mense selfs maande duur.

Christine, wat in Bloemfontein skoolgegaan het, sê sy was nogal sportief op skool. Tog was dit eers toe tipe 1-diabetes by haar sussie gediagnoseer is, en tipe 2-diabetes by haar, dat sy in alle erns op oefening en ’n gesonde eetpatroon begin konsentreer het.

Binne ’n maand en ’n half vandat sy begin oefen het, was haar suikervlakke normaal.

“Dit is hoe my reis met oefen en ’n gesonde liggaam begin het.”

Kort daarna het sy vir foto’s vir die tydskrif Cosmopolitan poseer, en sedertdien hou sy graag haar lyf model.

“Met die geboorte van my seuntjie, Caleb (4), het ek gedink ek sal nooit weer maagspiere kan ontwikkel nie. My fiksheidsinstrukteur het my egter uitgedaag, en ek het vir myself ’n doelwit gestel om binne nege maande ’n fotosessie met ’n plat magie te hê.

“Met hierdie doelwit bereik, het baie mense my gevra hoe ek dit doen. Ek het kursusse in fiksheid en gewigsverlies begin volg,” sê sy.

“My passie is om mammas en vroue wat te skaam is om in ’n gimnasium te oefen, te help om fiks te word en beter oor hulself te voel.”

Sommige van haar kliënte oefen by haar huis, maar sy gee ook private lesse in van haar kliënte se huis.

“Om ’n gesonde lewenswyse te volg is vir my uiters belangrik. Ek glo glad nie in kitsoplossings nie, maar in ’n leefwyse wat volhoubaar is.

“Gewigsverlies gaan daaroor dat jy meer kalorieë moet verbrand as wat jy eet. Jy moet die regte persentasie proteïene, koolhidrate en vette inkry.”

Sy sê die afgelope jaar het sy baie geëksperimenteer om gesonde, lekker resepte bymekaar te maak.

“Aanvanklik het ek vir my en Caleb apart kos gemaak, maar hy wou altyd van my kos eet, so ons eet nou dikwels dieselfde en hy hou daarvan.”

Christine se raad aan mense wat tydens die inperking gewig opgetel het, is om vir hulself kleiner doelwitte tot by ’n groot doelwit te stel.

“Dit geld oefen én gewigsverlies.”

Sy wil ook begin werk aan ’n app waarop sy vir meer mense oefeninge as deel van ’n oefenplan kan demonstreer.

Haar grootste prioriteit is egter om eers die nagevolge van Covid-19 baas te raak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.