Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Flukse inwoners ruim vullis in hul woongebiede op

Enkele flukse inwoners het Saterdag (03/08) vullis in munisipale gebiede in hul woonbuurte opgeruim.

Amélie Moorchroft, ’n gr. 8-leerling aan die Hoërskool Sentraal, het besluit om vir haar lewensoriëntering-taak, wat vereis dat leerlinge iets goeds vir die gemeenskap moet doen, vullis in die veld al langs Wynand Moutonlaan op te ruim.

Voetgangers en fietsryers maak gereeld van dié veld gebruik.

Haar ma, Ronel, het die plan op die omgewing se WhatsApp-groep versprei, en het ook pamflette in posbusse in Wynand Moutonlaan gegooi.

Sowat 20 inwoners het Saterdagoggend vroeg opgeruk om vullis op te tel.

Twee ander leerlinge, Wikus Vorster en Ariska Hough, albei gr. 11-leerlinge aan die Hoërskool Jim Fouché, het besluit om vir hul skooltaak ook aan dié opruimprojek deel te neem.

Dit vereis van hulle om drie ure se gemeenskapsdiens te verrig.

Dirk Rossouw van Rossouw-vervoer en Kobus Steyn van AfriForum se Fichardtpark-tak het saam met nog ’n paar flukse helpers die veld oorkant Makro in Curielaan skoongemaak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.