Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Forum wil opruim

Sake-eienaars van Westdene het besluit om saam te staan om dié sake-gebied skoner en veiliger te kry.

Die Westdene-besigheidsforum is in Junie gevorm en sakelui, onder voorsitterskap van Gerald Gray, het die verantwoordelikheid geneem om dié gebied reg te ruk.

’n Sake-eienaar borg nou ’n bakkie, vier werkers en ’n bestuurder wat van straat tot straat beweeg om die bome te snoei en die sypaadjies skoon te maak.

Gray sê dié skoonmaak-aksie kos die sakeman sowat R40 000 ’n maand, en hy hoop ander sakelui sal ook binnekort betrek word om met dié uitgawe te help.

Gray, ’n voormalige vise-voorsitter van die destydse Bloemfontein-besigheids­kamer, het die voortou geneem om ’n nie-winsgewende onderneming te stig wat die gebied tussen Kellnerstraat tot voor Brillstraat, en al die dwarsstrate van Derdelaan tot by Arboretumstraat, daagliks skoon maak. Hy sê sodra meer geld beskikbaar is, wil hulle graag ’n groter deel van Westdene skoonmaak.

Hy sê hulle tree met eiendomseienaars in verbinding om hierby betrokke te raak, en gaan ook binnekort met die huurders gesels.

Hulle het met rommelherwinnaars gepraat en besluit om alle blikke, plastiekbottels en wit papier in deurskynende sakke te plaas sodat die herwinnaars dit maklik kan kry. Briewe in dié verband word nou na van die ondernemings gestuur en Bloemsec het onderneem om briewe oor die herwinningspoging in Westdene te versprei.

Op die dag waarop die munisipale vullisverwyderaars opdaag, sal net die gewone swartsakke opgelaai word.

Sodra die skoonmaak-aksie goed op dreef is en meer geld beskikbaar is, wil die forum op veiligheid fokus deur onder meer kameras in die omgewing op te rig.

Gray sê hulle sal dan ook die bestaande veiligheidsmaatskappye wat in die omgewing werk, meer wil betrek.

Hy sê met hierdie projekte wil die forum pro-aktief optree om te verhoed dat die Westdene-gebied verval, soos dit toenemend in sekere ander sake-gebiede in die stad gebeur.

  • Sien ook foto op bl. 6.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.