Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Fraaiste Rosies bekend

Nadat 73 inskrywings oorweeg is, is tien meisies as die finaliste in die Loch Logan-waterfront en Bloemnuus se Mej. Roosknoppie-kompetisie aangewys.

Die tien finaliste sal op 5 Desember om 11:00 op ’n geselligheid in die waterfront beoordeel word.

Die Bloemnuus-leserskeuse sal ook op die geleentheid aangekondig word.

Die finaliste sal tydens die beoordelingsessie op 5 Desember hul medalje ontvang.

’n Week voor die beoordeling sal personeel van die Loch Logan-waterfront die finaliste se ouers bel om finale reëlings deur te gee.

Die beoordelaars is op soek na ’n spontane, vriendelike meisie.

Vir die beoordeling mag Roosknoppies geen grimering dra nie en hul hare mag nie gestileer wees nie.

Geen opgesmukte partytjie­rokkies word toegelaat nie – slegs gewone dagklere mag gedra word.

Intussen kan ouers van die ander 63 kandidate hul dogtertjie se medalje op die volgende tye by die inligtingstoonbank in die Loch Logan-waterfront afhaal:

  • Weekdae van 09:00 tot 18:00;
  • Saterdae van 09:00 tot 17:00; en
  • Sondae van 09:00 tot 15:00.
Mieke-lee Jones (3) is die dogter van Marista Esterhuizen en Micheal Jones van Wilgehof.
Carolie Loots (3) is die dogter van Stephan en Yolandie van Fichardtpark.
Ashlien Hariparsad (3) is die dogter van Sharleen en Ashegan van Uitsig.
Cattileya Stevens (4) is die dogter van Lee-ann van Lilyvale.
Kaylee La Grange (4) is die dogter van Sam en Wikus van Wilgehof.
Maleah van der Merwe (3) is die dogter van Breyton en Whitney van Langenhovenpark.
Anri Loubser (3) is die dogter van Heyns en Jolanda van Kimberley.
Mia van Wyk (4) is die dogter van Braam en Finie van Universitas.
Thandolwethu Hugo (3) is die dogter van Lerato en Mxolisi van Hillside.
Michaene Lean (4) is die dogter van Natasha van Heerden van Uitsig.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.