Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Frustrasie oor lisensies bly broei

Klagtes stroom van oral in oor lang rye by toetssentrums om voertuig- en bestuurs­lisensies te hernu en afsprake te maak vir die verwerwing van bestuurslisensies.

Talle ouers neem hul kinders nou na dorpe soos Dewetsdorp en Brandfort om die toets vir ’n leerlinglisensie te skryf of hul bestuurslisensies te kry.

Daarvoor moet hulle egter ook ry, en weet op watter dae dié kantore oop is, omdat telefoniese afsprake nie geneem word nie.

’n Inwoner van Bloemfontein wat nie haar naam wil noem nie, sê sy het in November verlede jaar haar bestuurs­lisensie hernu en sukkel sedertdien om dié lisensie by die Lengau-toetssentrum af te haal.

In Februarie het hulle haar laat weet dat haar vingerafdrukke nie reg is nie en sy was daar sodat dit reggestel kan word. Hulle sou haar laat weet wanneer haar kaartjie gereed was om afgehaal te word.

Toe sy in Maart gaan navraag doen, was personeel besig om te staak omdat hulle na hul mening nie genoeg beskermende toerusting gehad het nie.

Daarom is sy in Julie en Augustus terug, telkens onverrigter sake.

“Blykbaar help hulle nou net 150 mense op ’n dag en moet jy reeds om 06:15 in die ry staan om onder dié getal te val. Ek moet elke keer verlof neem.”

Die DA se skaduminister van vervoer, Chris Hunsinger, het Maandag (21/09) ’n versoek gerig dat die vervaldatums van lisensieskyfies van voertuie uitgestel word.

Die datum is na 31 Augustus verander, maar omdat soveel mense tot nou gehelp moes word en daar dikwels net een betaalpunt by poskantore is, staan mense gewoonlik in lang rye.

“Veral omdat mense nou meer rondbeweeg, kan hulle beboet word as hul motorlisensies verval het,” meen Hunsinger.

Mense wat vir hul bestuurslisensie moet aansoek doen, het wel tot 31 Januarie 2021 uitstel gekry.

Mense wat gaan om hul motorlisensie te hernu, moet die groen ALV 9-vorm invul en ’n bewys van adres saamneem, asook ’n afskrif van hul ID-dokument en die kontantbedrag – hoewel niemand seker is hoeveel dit vir hul bepaalde voertuig is nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.