Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gaste kry kykie na prof. se projekte

Die 30ste Sophia Gray-gedenklesing is Donderdag (30/08) deur prof. ’Ora Joubert in die Kopanong-ouditorium aangebied.

Vir die departement argitektuur aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) was dit ’n besonderse geleentheid om dié voormalige departementshoof, wat van 2000 tot 2004 aan die stuur van sake was, as gasspreker te ontvang.

In die stampvol Kopanong-ouditorium het Joubert aan oudkollegas, studente, dosente en ander belangstellendes van oor die land heen ’n blik gegee van die projekte waarin sy tydens haar roemryke loopbaan gewerk het.

As akademikus het sy onder meer by talle universiteite oor die land heen doseer en was ook die departementshoof van argitektuur by die Universiteit van Pretoria.

Van die eerbewyse wat sy deur die jare ontvang het, is ’n meriete-eerbewys van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Argitekte (SAIA), die Corobrik Huis van die Jaar-eerbewys, drie Dulux Colour-eerbewyse en ’n landskap-eerbewys. Haar werk is onder meer in Australië, Brittanje, China, Hongarye en Rusland gepubliseer.

Gaste kon tydens die lesing ’n kykie kry van verskillende projekte, soos Huis Joubert wat sy vir haar ouers in Waterkloof gebou het en waarvoor sy in 1991 die Corobrik-eerbewys ontvang het.

Sy het ook ’n Dulux-eerbewys in die residensiële kategorie vir die opknappingswerk, wat sy aan Ivy Villa in Sunnyside gedoen het, ontvang.

Sy het in 1994 ’n prys vir ’n groeps­argitekontwikkeling in Pretoria ontvang.

Joubert het twee besonderse boeke oor argitektuur saamgestel. Die eerste, 10+ years 100+ buildings, gaan oor kontemporêre Suid-Afrikaanse argitektuur waarvoor sy in 2010 ’n eerbewys van uitnemendheid van SAIA ontvang het. Sy het ook 10+ years 100+ projects saamgestel oor ontwerpe van nagraadse argitektuurstudente van agt Suid-Afrikaanse universiteite.

’n Uitstalling van Joubert se werk en skaalmodelle, gemaak deur derdejaarstudente, is die aand ná die Sophia Gray-lesing in die Oliewenhuis-kunsmuseum geopen en kan nog tot 24 September besigtig word.

Met talle argitekte en belanghebbendes in die stad, het SAIA Vrystaat, Woensdag 29 Augustus ’n netwerk-geleentheid in The Edge-restaurant op Naval Hill aangebied.

Op die geleentheid het die president van SAIA, Maryke Cronje, en die vise-president, Luyanda Mpahlwa, die plaaslike tak besoek. ’n Praatjie oor hoe dit met argitekpraktyke oor die land heen gaan, is aangebied.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.