Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gebruik genadetyd

Die heerlike reën Saterdagmiddag (09/03) was nie ’n demper op almal wat vanjaar KANSA se Relay for Life by die Pantserskool in Tempe bygewoon het nie.

Ná die reën is die aktiwiteite tot binne ’n saal verskuif waar die kankeroorwinnaars die voortou geneem het om die nuwe, kleiner roete om ’n Rooikat-pantservoertuig te voltooi.

Andrea Oberholzer, ma van Jana du Plessis wat in 2017 aan kanker oorlede is, was die gasspreker op die geleentheid. Haar raad aan mense wat kankerpasiënte versorg, is om hulle te ondersteun.

“Ons moet net daar wees wanneer hulle ons nodig het.

“Ek verstaan dat jou hart soms stukkend is.

“Onthou net: Aardetyd is genadetyd. Dit is geleende tyd. Wat maak ons met ons geleende tyd op aarde?”

Johan Weyers en Marike Simkin van KANSA sê daar het vanjaar sowat 21 spanne vir Relay for Life ingeskryf. Vanjaar se tema was “Fight for Hope”.

Hulle sê die doel met die jaarlikse Relay for Life is om eer te bring aan mense wat deur kanker geraak word, die lewe te vier van mense wat kanker oorwin het en te dink aan almal wat geliefdes weens kanker aan die dood afgestaan het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.