Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gedigte kunstig geskets
Omphile Lekgobo en Christiaan Badenhorst by Bloemfonteinse skrywer Jaco Jacobs tydens sy besoek aan die Eduplus Onafhanklike Skool Vrydag (04/09).Foto: Lientjie Mentz

Vandeesweek is Nasionale Boekeweek en heel gepas het die leerlinge van die Onafhanklike Skool Eduplus in Langenhovenpark verlede week gedigte van Bloemfonteinse skrywer Jaco Jacobs in verf vasgevang.

Tydens die Jaco Jacobs-uitdaging het die kuns­onderwyser aan dié skool, Stephanie Kilian, al die skool se leerlinge ’n gedig van Jaco laat kies wat hulle dan moes illustreer.

Met baie geduld het Jaco die skool Vrydag (04/09) besoek en van klaskamer na klaskamer gegaan om elke leerling se kunswerk te bestudeer om te raai watter gedig dit uitbeeld.

“Julle teken almal baie mooi,” het Jaco telkens aan die klasse gesê. “Dalk word een van julle eendag ’n illustreerder van een van my boeke.”

Jaco Jacobs probeer raai watter gedig Gary Simons (gr. 5) uitgebeeld het.Foto: Verskaf

Die leerlinge van gr. 1 tot gr. 7 het dit sommer baie geniet wanneer Jaco kon raai watter gedig hulle uitbeeld.

Stephanie sê leerlinge kon ook Vrydag skool toe kom as een van die karakters in Jaco se talle boeke.

Jaco, wie se boeke al talle pryse gewen het, moes soms lekker kopkrap oor die kunswerke.

“Gelukkig het hulle darem vir my ’n lysie gegee van die gedigte wat ’n spesifieke klas geverf het, want ek het al so baie gedigte geskryf,” het Jaco oor dié uitdaging gesê.

In die inperkingstyd was Jaco baie kreatief en hy het vyf van die boeke wat hy in dié tyd geskryf het, aan kinders bekend gestel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.