Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Geduld kwyn soos rook dwarrel

Met rook wat Saterdag (26/01) en Sondag (27/01) weer oor die noordelike storting­sterrein en omgewing gedwarrel het, is dit duidelik dat die probleme hier voortduur.

Adriëtte Botha het Sondag op die Whats­App-groep Close the Northern Landfill Site gesê dat sy al haar deure en vensters teen die rook moet toe hou. Sy woon in Bays­water naby die stortingsterrein.

Die komitee wat hom vir die sluiting van die stortingsterrein beywer, reël ’n ver­gadering vir belanghebbendes op Dinsdag 12 Februarie om 18:00 in die Park Avenue-meenthuiskompleks in Jan Wilkensstraat, Bayswater. Almal wat die vergadering gaan bywoon, word versoek om kampstoele te bring.

Verteenwoordigers van die Mangaung-munisipaliteit is na die vergadering genooi om terugvoering oor optrede te gee.

Mariëtte Botha, ’n komiteelid, meen talle mense het die Facebook-blad “Help us close the northern landfill” verlaat omdat hulle dink die probleme is opgelos. Symoedig mense aan om betrokke te raak: “Dié probleem gaan nie vanself weggaan nie.”

Beswaarskrifte met handtekeninge van inwoners van die Oubos-landgoed, North­ridge-landgoed, Park Avenue en Bayswater is op 22 Januarie by Olly Mlamleli, uitvoerende burgemeester, se kantoor oorhandig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.