Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gee haar, en almal, ’n roos

Elke jaar met tannie Marietjie Kade se verjaardag op Valentynsdag stuur haar seun se vriende vir elke inwoner van die Siesta-aftreeoord ’n bloedrooi roos.

Vrydag (14/02) het daar, soos elke jaar, 51 rose vir die inwoners en ’n groot bos bederf-blomme vir tannie Marietjie se 84ste verjaardag opgedaag.

Haar seun, Norbert Kade, se vriende Helen Truter en Dave McAllister van Newcastle het jare gelede besluit om die inwoners elke jaar op hierdie spesiale manier te trakteer.

Vanjaar het Hederick Prinsloo van Phoenix Productions ook ’n sangvertoning op dié dag gelewer. Inwoners het boonop elkeen ’n stuk sjokoladekoek gekry.

Hannah Geyser, bestuurder van Siesta, sê die geleentheid is elke jaar vir die inwoners ’n groot lekkerte.

Sy sê Siesta, die naasoudste aftreeoord in die stad – naas Aandrus in Westerbloem – is in 1953 gestig en spits hom deesdae toe op die versorging van ouer bejaardes.

Dit is ’n nie-winsgewende organisasie en kry geen subsidie van die staat af nie. Daar is plek vir 85 inwoners, maar net 51 mense noem Siesta tans hul tuiste.

“Die gemiddelde ouderdom van ons inwoners is 85 jaar en ons oudste inwoner word in Mei 107 jaar oud,” sê Geyser.

“Ons is ’n versorging- en semi-versorgingseenheid wat drie etes per dag aan inwoners voorsien.”

Daar is drie dubbelkamers, 24 kamers in die versorgingseenheid en 44 kamers in die semi-versorgingsafdeling.

Daar is ook sewe eenmanwoonstelle vir mense wat heeltemal selfversorgend is.

Siesta bied aan mense wie se bejaarde ouers by hulle woon die geleentheid om die bejaardes tydelik te huisves, indien die kinders byvoorbeeld met vakansie wil gaan.

“Bejaardes wat van operasies herstel, of kanker­behandeling ontvang het, kan ook tydelik hier by ons versorg word.”

Geyser sê Siesta beskik oor die dienste van 1 heeltydse suster, 4 geregistreerde verpleërs en 15 versorgers.

“Ons bied heelwat aktiwiteite vir inwoners aan, soos weeklikse bingo-dae, Mind Moves-oefeninge, naaldwerk­groepies, asook ’n sang- en aanbiddingsdiens elke Dinsdag.”

Dan is daar natuurlik ook die spesiale dae en lekkertes, soos dié op Valentynsdag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.