Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kinders gee kuns kinkel

Haar visie vir vanjaar is om Bloemfontein in te kleur.

Met Stephanie Kilian en haar leerlinge van die Pixel Spatsel-kunsskool se kleurryke kuns wat in Gallery on Leviseur te sien is, het sy woord by daad gevoeg.

Stephanie vertel sy het verlede jaar ’n solo-uitstalling by die galery bespreek, maar uiteindelik is dié onderwyser by die Onafhanklike Skool Eduplus wat smiddae haar eie kunsskool bedryf, besig met soveel projekte dat sy nie genoeg kunswerke vir ’n solo-uitstalling beskikbaar gehad het nie.

Sy maak toe ’n plan wat eintlik ’n baie unieke dimensie aan dié uitstalling gegee het: Sy vra elkeen van haar 85 kunsleerlinge om ’n kunswerk vir die uitstalling te skep.

Vir dié kunsuitstalling, genaamd Beautiful Life, wat op 13 Maart by Gallery on Leviseur geopen het, het sy haar leerlinge, drie tot 18 jaar oud, gevra om hul verbeelding te gebruik en iets te skep met die tema “Geluk is . . .”

“Hulle kon in enige medium werk en het met die oulikste idees vorendag gekom. Almal het geteken wat vir hulle belangrik is. . . hul familie, die natuur, oupa se plaas. Een het selfs haar goue skoene geteken.”

Dina Grobler, bekende kunstenaar in die stad, sê toe sy die kinders se kunsuitstalling die eerste keer sien, was sy beïndruk.

“Dit is opregte kuns uit elke kind se binneste. Dit wys iets van ’n kind se verbeeldings­wêreld – naïef kinderlik.”

Sy sê ouers is geneig om die spontaneïteit uit hul kinders se kuns te neem omdat dit na hul mening nie realisties genoeg is nie.

In haar eie kunswerke, waarvan 14 deel van die uitstalling is, het Stephanie voortgeborduur op die suksesvolle Fasette van Vrouwees-kunsprojek wat sy verlede jaar as deel van die Hanna-toneelstuk en -projek begin het.

“Ek hou van die sagte, vroulike tema van hierdie kunswerke. Ek het daarop gebou deur die reis wat daar begin is, voort te sit.”

Sy sê die lewe het te veel van ’n kompetisie geword.

“Mense moet net weer rustig word. Hulle moet ophou om hulself met ander te vergelyk. Dit is iets hiervan wat ek met dié uitstalling wou uitbeeld. Ons moet terugkeer na die basiese dinge, die eenvoud – soos ’n kind wat iets eenvoudigs in ’n kunswerk uitbeeld.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.