Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vier 60 jaar van liefde
Phyllis en William Olivier vier vandag (10/01) hul 60ste huweliksherdenking.Foto: Katleho Mokvena

Hulle onthou hul troudag soos gister.

Nou, 60 jaar later, onthou die Olivier-egpaar van die Rosestad met heimwee die beloftes wat hulle daardie dag aan mekaar afgelê het.

Al was die afgelope 60 jaar nie altyd maanskyn en rose nie, sal sy nie daardie warm dag op 10 Januarie 1959 sommer vergeet nie, sê Phyllis Olivier (79), met sterretjies in haar oë.

Op dié dag is sy met die liefde van haar lewe, haar sielsgenoot en beste vriend, William Olivier (84), getroud.

Die twee was onderskeidelik 19 en 24 jaar oud toe hulle op 10 Januarie 1959 hul troubeloftes in die St. Margaret- Anglikaanse kerk in die destydse Andries Pretoriusstraat afgelê het, gevolg deur ’n onthaal in die Ramblers-klub wat deur sowat 300 gaste bygewoon is.

Uit die huwelik is twee dogters, Diane Rafferty, die skoolhoof van die pre-primêre afdeling by die St. Michael’s School for Girls, en Stephanie Olivier, ’n regsgeleerde, gebore. Hulle het ook drie kleinkinders, Kyle, Keagan en Ciara-Claire Rafferty.

Phyllis, wat op 28 Februarie haar 80ste verjaarsdag vier, sê oor die jare heen het sy geleer om tevrede te wees met wat hulle het en om die beste te maak van elke situasie.

Sy sê hoewel dit nie altyd maklik was nie, het sy ’n wonderlike familie wat haar ondersteun en ’n liefdevolle man wat haar dra.

Haar man sê hy is nie spyt oor ’n enkele dag van getroude lewe nie.

“Ek het oor niks berou nie. Ons komplementeer mekaar. Sy vul my aan.”

Hy sê liefde werk in albei rigtings.

“Ons is lief vir mekaar,” sê hy.

Én hul raad aan jong getroude paartjies: “Wees geduldig, sorgsaam en tevrede met wat julle het.”

Ek het oor niks berou nie. Ons komplementeer mekaar. Sy vul my aan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.