Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gehalte, gerief winkel se resep

Die splinternuwe Woolworths in Northridge Mall is op Donderdag (04/04) geopen.

Dié vollyn-winkel met afdelings vir klere, skoonheidsprodukte, huisbenodigdhede en ’n groot verskeidenheid voedselprodukte, asook die koffiewinkel W Café, bied nou aan inwoners van die noorde van die Rosestad en besoekers in dié deel, die gehalte en gerief waarvoor Woolworths bekend is.

Robey Groenewald, voorheen vir tien jaar die bestuurder by Woolworths Prellerplein, sê talle nuwe werksgeleenthede is met die opening van dié nuwe winkel geskep.

Hy sê om die verskeidenheid produkte bekend te stel, word kosdemonstrasies en oormaaksessies Saterdag (13/04) en Sondag (14/04) in dié tak aangebied.

Robey sê veral die kosafdeling spog met die nuutste toerusting soos gerieflike vertoon-yskaste.

Frikkie Jones, die bestuurder van W Café by Prellerplein en by North­ridge Mall, verseker dat kliënte heerlik by Woolworths se koffiewinkel sal smul.

Frikkie vertel dat die koffie deur baristas voorberei word.

Die koek en ander gebak in die koffiewinkel is ook as wegneemporsies beskikbaar.

By W Café is daar ’n koffieluik waar wegneemkoffie bestel kan word.

  • Dié luik is reeds om 08:00 oop. Woolworths is by ingang 1 van Northridge Mall geleë, waar gratis parkeerplek beskikbaar is.

Die nuwe Woolworths is Maandae tot Vrydae van 09:00 tot 19:00 oop, Saterdae van 08:30 tot 17:00 en Sondae en vakansiedae van 09:00 tot 15:00.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.