Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Geld in metro lyk nie goed

Die regsuitgawes vir prokureurs, advokate en skuldinvordering van die Mangaung-metro in Bloemfontein het in die vorige boekjaar, wat op 30 Junie verlede jaar geëindig het, R63 miljoen beloop.

Hans Britz, DA-raadslid en gewese finansiële hoofbeampte van die metro, sê in die afgelope twee boekjare is R80,9 miljoen net aan skuldinvorderaars betaal, en die skuld ná groot afskrywings het nou reeds tot meer as R4 miljard gegroei.

Hy sê om skuldinvorderaars te betaal, is om geld in die water te gooi.

“Die metro kan self sy skuldinvordering doen.”

Ander regskoste die afgelope twee jaar het R55,2 miljoen bedra.

Die totale invorderings- en regskoste het die afgelope twee jaar R136 miljoen bedra.

Heelparty arbeidsgeskille, eise weens slaggate, maar ook koste van byvoorbeeld titelaktes, maak deel van die metro se regskoste uit.

“Mense wat nie vir munisipale dienste betaal nie, moet weet dit veroorsaak dat daar nie geld vir munisipale diens­lewering is nie.”

Mxolisi Siyonzana, speaker van die metro, het by navraag oor die regskoste gesê ’n mens moet in gedagte hou dat die Mangaung-metro (met sy hoofsetel in Bloemfontein) groot is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.