Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gemeenskap kan winkel se omgee uitbou

By gebrek aan ’n openbare biblioteek in die omgewing, het personeel van Pick n Pay Reizis Square in Raymond Mhlabastraat begin om ’n boekversameling vir ywerige lesers op te bou.

David Garrett, assistent-winkel­bestuurder, sê ’n oom het hom gevra of hulle nie vandeesmaand die Covid-toelaag as deel van hul inkomste van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) sou kry nie.

David sê die Sassa-toelaag was in daardie stadium nog nie verleng nie en hy het verduidelik hulle kry net R1 860 in November.

Hulle stap toe die winkel in en Garrett sien hoe die oom se vrou ver­langend na die tydskrifrak kyk.

“Mammie, sorry, maar ek kan nie dié maand vir jou ’n Huisgenootkoop nie,” sê die oom toe.

“Ons kry nie meer die Covid-geld nie en ons gaan nou swaar trek.”

Garrett sê hy het vir die tannie ’n Huisgenoot gekoop en dit vir hulle gegee toe hulle uitstap.

“Net daar het ek die plan gemaak om boeke vir minder­bevoorregtes in ons omgewing in te samel.”

Pick n Pay Reizis se biblioteek is gebore en teen Donderdag (12/11) het die personeel reeds 830 tweedehandse boeke ingesamel.

“Ons vra die publiek om ou boeke en tydskrifte te skenk wat ons voortaan soos by ’n biblioteek wil sirkuleer. Op Sassa-dag kan mense dan ’n boek ruil vir ’n ander een,” verduidelik Garrett.

Intussen kan mense wat van dié diens gebruik wil maak, by die inligtingstoonbank navrae oor die projek rig. Dit is ook hier waar klante skenkings kan doen.

Die boeke-projek sal nog verder reik. Garrett sê hulle wil ook een maal ’n maand op ’n Saterdag vir kinders ’n plakboek-geleentheid aanbied waardeur hulle prente uit tydskrifte in ’n plakboek plak. Die eerste een is op 5 Desember.

Pick n Pay Reizis Square vier vandeesmaand sy eerste verjaardag met talle pryse wat gewen kan word. John Pentz, winkelbestuurder, sê hulle is dankbaar vir die eerste jaar van dié winkel se bestaan.

Die winkel het boonop begin met ’n projek waardeur klante hul inkopiestrokies in ’n gemeenskapshouer kan gooi om skole, kerke en liefdadigheidsorganisasies in die omgewing te steun. Pick n Pay Reizis Square skenk aan die einde van die maand ’n persentasie van die geld op die strokies in elke houer aan dié organisasies.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.