Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gesin katrol saam grotes in
Hengel
Die Olivier-gesin is hier van links Garreth, Anthea, Micaela en Thabo.

Die Olivier-gesin presteer nie net almal in een sportsoort nie; dit is boonop in ’n sport wat ver buite die Vrystaat se grense beoefen word.

Micaela Olivier (22) het van 29 Oktober tot 2 November aan die Vrystaatse kampioenskapsbyeenkoms van die Suid-Afrikaanse Rots- en Strandhengelvereniging deelgeneem, waar sy as die Vrystaatse vrouekam­pioen gekroon is.

Sy het dié prestasie behaal danksy die sandhaai van 100 cm wat sy op die byeenkoms in Jeffreysbaai gevang het.

Haar pa, Thabo, was algeheel sesde en is vir ’n 12de keer in die Vrystaatse senior A-span ingesluit wat in Maart aan die Suid-Afrikaanse kampioenskapsbyeenkoms in Struisbaai deelgeneem het.

Op dié byeenkoms het hy ’n skeurtandhaai van 1,36 m en 45 kg inkatrol.

Thabo neem sedert 2006 aan kompetisie-hengel deel, en het mettertyd sy hele familie betrek. Hulle durf al vanaf 2010 saam met hom die hengelwaters aan.

Sy vrou, Anthea, was in 2015 die vroue-kampioen, en hul seun, Garreth (17), was in 2016 die Vrystaatse junior kampioen.

Die Blue Water Rock and Surf-klub waaraan dié gesin behoort, is die grootste in die Vrystaat met 29 lede.

Thabo sê die lekkerste van dié sport is dat dit ’n ware gesinsport is wat almal saam kan beoefen.

Meer oor:  Bloemnuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.