Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Geskiedenis-slimmes kan inskryf

Die FAK het ’n nasionale Afrikaanse geskiedenis­olimpiade, in die vorm van ’n aanlyn toets vir leerlinge van gr. 8 tot gr. 12, bekend gestel.

Die klem val op Suid-Afrikaanse geskiedenis met drie hoofafdelings: Afrikaanse taalgeskiedenis, Afrikaner­geskiedenis en Westerse geskiedenis.

Die toets word in Augustus geskryf. Leerlinge kan hulle reeds by olimpiade.fak.org.za inskryf.

Dit gee hulle die kans om sekere bronne, onder meer afrikanergeskiedenis.co.za, deur te werk en hul kennis te toets. Die bronne sal later bekend gemaak word.

Die olimpiade sal uit twee rondes bestaan.

Die eerste behels ’n aanlyn vraestel wat 150 punte tel, met 150 veel­keusevrae – 50 punte vir elke afdeling.

Leerlinge wat na die tweede ronde deurdring, sal ’n aanlyn vraestel skryf waardeur standpuntstelling, beredenering en algemene kennis getoets word. Rig navrae deur ’n e-pos na chrisna@fak.org.za te stuur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.