Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Gestroopte’ huis nou leeg

’n Weldoener het Woensdag (30/01) uitkoms gebring aan die drie broers wat sedert verlede week in ’n selfgeboude skuiling voor Extonweg 8 in Hilton bly nadat hulle verblyf in dié huis verlede week beëindig is.

Die broers is deel van sowat 14 inwoners wat die afgelope week ander blyplek moes soek nadat hulle deur die nuwe eienaar uitgeskop is.

Op die sypaadjie voor die huis het daar die afgelope week hope besittings van die in­woners en die drie broers bly lê. Met die reën die afgelope week, het dié hoop besittings sopnat gereën.

Kiewiet Britz (51) en sy twee broers, Anton (49) en Ouboet (57), bly glo al byna 18 jaar lank in die huis.

Kiewiet sê daar is sowat vier jaar gelede vir hulle gesê dit is nie meer nodig om huur te betaal nie.

Anton en Ouboet se pensioengeld is saam sowat R3 300 ’n maand en Kiewiet probeer met los werkies ekstra geld huis toe bring.

Kiewiet sê die ander inwoners is die naweek fort en het hul besittings agtergelaat – hy weet nie waarheen hulle is nie.

Hy sê hulle drie broers het gaan hoor of hulle nie by die mans-skuiling kan tuisgaan nie, maar omdat hulle drie honde het, is hulle nie daar welkom nie.

Volgens ’n bron wat anoniem wil bly, is dié huis vier maande gelede in ’n brand beskadig.

Hy sê die watertoevoer is ook reeds maande gelede onderbreek.

Die inwoners het egter voortgegaan om daar te bly. Volgens hom het die inwoners al in Oktober kennis ontvang dat hulle moet trek.

Die huis is glo daarvoor bekend dat tot soveel soos 40 mense op ’n keer daar tuis­gegaan het, en met verloop van tyd het die inwoners glo alles van toilette en krane tot kaste en ander toebehore uitgebreek en verkoop.

Die weldoener, wat in Shannon bly, het die drie Britz-broers, hul besittings en een van hul honde Woensdag opgelaai om by hom in ’n kamer op die hoewe te kom bly.

Die twee ander honde is Woensdag deur die Bloemfonteinse DBV opgelaai.

Bloemnuus kon ná vele probeerslae nie die eienaar van die huis opspoor om navrae aan hom te rig nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.