Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gimnaste hou litte los
Leandri Bezuidenhout gee gereeld vir haar gimnaste oefeninge wat hulle tuis kan doen. Hier help haar dogtertjie, Deanli (4), ’n oefe­ning vir die voorskoolse groep demonstreer.

Jong gimnaste in Bloemfontein rek en strek nou tuis en gebruik enigiets wat hulle in die huis kry om hul soepelheid te behou en te verbeter.

Leandri Bezuidenhout van die Helena Botha-gimnastiekklub sê die meeste gimnaste kan tuis oefen, maar baie mis die apparate van die gimnasium.

Dié gimnastiekklub bied artistieke gimnastiek, trampolien-spring en tuimel aan en oefening is normaalweg in die saal op die Bloemfonteinse skouterrein.

Letitia de Smidt (8) oefen om ’n split te doen.

Die klub het vroeg in Maart sy klubkompetisie gehou, maar die kwalifiserende sone-kompetisie sou Saterdag (16/05) plaasgevind het.

Bezuidenhout sê daar sou ook nou in Junie ’n kompetisie vir die groter kinders wees, wat ook gekanselleer is.

Niemand weet nog of die nasionale kompetisie wat normaalweg in September aangebied word, gaan plaasvind nie.

“Nou moet ons daaraan werk om ons gimnaste soepel en fiks te hou en hulle te motiveer,” sê Bezuidenhout.

Sy doen dit deur video’s te maak waarin sy oefe­ninge en nuwe bewegings demonstreer.

“Daar is baie van hulle wat by die program hou en regtig hard oefen. Hulle neem ook deel aan informele kompetisies, soos om te kyk wie die langste handstaan kan doen.”

Reneilwe Matsebasela (12) oefen haar balans terwyl sy ’n split doen.

Ansje Bekker (11) het dié kompetisie, wat deur Linda Volschenk, aangebied is, gewen. Haar handstaan was 57 sekondes lank – net ’n raps minder as ’n minuut.

Bezuidenhout sê haar dogter, Deanli (4), help haar flink om oefeninge vir die voorskoolse gimnaste te demonstreer.

Sy sê talle van die oefeninge kan tuis uitgevoer word en met ’n bietjie kreatiwiteit kan selfs van die nommers waarvoor apparate nodig is, tuis geoefen word.

“Talle van ons trampolien-gimnaste het byvoorbeeld trampoliens by die huis, maar kan net beperkte oefening op dié trampoliens doen. Hulle kan wel netheid en armbewegings oefen.”

Sy sê tuimelgimnaste kan ongelukkig nie hul tuimel­bewegings op die grasperk oefen nie, omdat dié oppervlak te veel verskil van die mat en hul tegniek skade sal doen.

“Hulle kan egter voortgaan met kondisionerings­oefeninge en hul fiksheidsvlakke hoog hou totdat formele oefeninge weer kan begin.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.