Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gordyn lig vir Vrynge

Daar is vanjaar ’n rekordgetal­produksies vir Vrynge op die Vrystaat Kunstefees van 7 tot 14 Julie. Dit is vanjaar die derde keer dat Vrynge aangebied word.

Die program spog vanjaar met 50 produksies en op die openingsdag is daar 12 om van te kies.

Stella Nortier, ’n meestersgraadstudent in drama en teater aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), is die regisseur van twee produksies, Road Tripen Geskeurde Vellies. Sy speel ook in die produksie Gril.

Geskeurde Vellies is ’n debuutstuk wat deur Nathan de la Ray geskryf is en deur Stella en Raymond Taylor verwerk is. Dit is ’n plaasdrama wat gegrond is op ware gebeure.

Road Trip is ’n komedie oor twee studente wat handel oor vriendskap, gebroke verhoudings en huishoudelike omstandighede. Die teks is geskryf deur Ilne Fourie en deur Raymond en Stella verwerk.

Versnit/Vers nut is ’n multi­mediaproduksie deur Maanvrou, die skrywersnaam van amateurdigter Elzette Boucher. Dié woordkunsproduksie is ’n vermenging van oorspronklike digkuns ingedeel volgens wyn-variëteite. Die verse word vergesel van beeld en klank.

Loané van Sandwyk bring ’n eenvrouvertoning Die Hammers na Vrynge.

Sy sê dié vertoning gaan daaroor dat elke mens onseker is en dat ons net daaroor moet praat. Sy speel die rol van elke lid van die Hammer-gesin en weerspieël daarmee elkeen se onsekerheid op een of ander manier.

’n Wêreld-eerste op vanjaar se fees is die lees van die toneelstuk Orphans – the spaghetti house tree deur die Britse dramaturg Hassan Mahamdallie.

Dance Exchange word vanjaar vir die eerste keer op die fees aangebied. Dit is ’n werksessie in die Vrynge Farm.

Die projek word deur die Nasionale-kunstetrust befonds en fokus daarop om jong dansers te ontwikkel. Die Kaapse choreograaf Kirvan Fortuin sal die werksessies behartig.

Kontemporêre dansers en choreograwe wat werksessies wil bywoon, kan ’n e-pos na georgina@­danceforum.co.za stuur of navrae rig deur 011-673-0035 te skakel. Die eindproduksie word op 14 Julie in die Vrynge Farm vertoon.

As jy ’n dag vir die hele gesin soek, mik vir Die laaste sprokie, Slightly NuttyenWerner Creates Storiesmakers. Die Story of Adam & If en What a Difference Jazz Makesbeloof om die gehoor op ’n ritmiese avontuur weg te voer.

Vrynge-deelnemers gaan vanjaar onthou as ’n mengelmoes van werksessies en besprekings. Een van die nuwe toonvensters op vanjaar se fees is Vlieks, waardeur nuwe kortfilms deur jong, innoverende filmmakers vertoon word.

Sommige produksies het ouderdomsbeperkings. Maak seker voordat jy kaartjies by Computicket koop. Die volledige program is op www.vrystaatkunstefees.co.za

  • Hou Bloemnuusse Facebookblad dop om kaartjies vir verskillende Vrynge-vertonings te wen.

Die eerste stel dubbelkaartjies wat van vandag af op die spel is, is vir die vertoning van Geskeurde vellies(die ouderdomsbeperking is 16) op Woensdag 11 Julie om 19:00. Daar is ook ’n stel dubbelkaartjies vir Road Trip se vertoning van Maandag 9 Julie om 16:00 (ouderdomsbeperking 16) op die spel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.