Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gordyn sak ook eers oor feeste

Die splinternuwe Vrystaat Klank en Klassique wat ’n toevoeging van die Vrystaat Kunstefees sou wees, is nou saam met dié fees tot ’n latere datum vanjaar uitgestel.

Dr. Ricardo Peach, direkteur van die Vrystaat Kunstefees, sê die kunstefeesraad het ná deeglike oorlegpleging Woensdag 18 Maart besluit om die Vrystaat Klank en Klassique, wat in Mei aangebied sou word, en die Vrystaat Kunstefees (Junie/Julie) in ’n latere stadium vanjaar te hou.

Die datums sal eers bevestig kan word wanneer sekerheid oor die nasionale gesondheidsplan en beskikbaarheid van die kampusgeriewe bekend is.

Dié besluit kom enkele dae nadat die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) afgestel is.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) versoek alle lande om ’n omvattende plan volgens hul eie omstandighede in werking te stel wat gemik is op die beste moontlike beperking van die verspreiding van die virus.

“Ons is egter in ’n bevoorregte posisie dat ons tyd het om nuwe planne te maak en ons in die volgende maande by die uitwerking van Covid-19 aan te pas,” sê Peach.

Volgens hom is dit te verstane dat die uitstel van die feeste ’n teleurstelling is, maar hulle is genoodsaak om verantwoordelik op te tree teenoor die gemeenskap en wat die pandemie-beperkings betref.

“Dit is ons voorneme om net sulke goeie feeste in ’n nuwe tydgleuf aan te bied en ons nooi julle uit om later die klassiekemusiek-fees en die kunstefees mee te maak.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.