Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Grendel-legkaart verras
Die grendel-kunswerk waaraan Kobus Lotz se kunsstudente in die grendeltyd gewerk het. Elkeen het ’n klein stukkie van ’n foto ontvang en moes die beeld interpreteer, dit teken en aan hom terugstuur. Hierdie is die digitale weergawe van die saamgestelde kunswerk. Inlas: Kobus Lotz. Foto’s: Lientjie Mentz

’n Kunswerk geskep in die grendeltyd, waarvan kunsstudente van Kobus Lotz elk ’n deel moes maak, gaan vandeesweek vir die eerste keer ’n ware eenheid word.

Lotz, ’n plaaslike kunstenaar wat ook ’n kunsskool vir volwassenes bedryf, sê hy wou in die grendeltyd met sy studente kontak hou.

“Ek het vir hulle elkeen ’n deeltjie van ’n foto (onderstebo, nogal) gestuur en hulle moes ’n kreatiewe kunswerk daarvan skep. Niemand het geweet wat die geheelbeeld is nie. Die uiteinde is werklik spesiaal.”

Al die kunsstudente het ’n foto van hul werk ondertussen per selfoon aan hom teruggestuur en hy het ’n voorbeeld saamgestel.

“Die kunsklasse het weer Maandag (22/06) begin en met elke student wat kom, gaan ons vir die eerste keer die kunswerk sien en hulle bymekaarmaak om die geheelbeeld saam te stel en te raam.”

Dit sal uiteindelik ’n kunswerk van so 1 m x 1,4 m vorm.

“Dit gaan dan hier in die ateljee hang sodat ons altyd dié unieke tydperk in ons lewe sal onthou.”

Lotz het intussen vir die studente dele van ’n tweede kunswerk gestuur en dié is ook amper klaar.

Hy sê daar is 40 studente en elk word die vryheid gebied om te skep dit waarmee hy of sy gemaklik voel.

“Ek word gou verveeld en skep daarom self ’n groot verskeidenheid kunswerke, van skilderye en beeldhouwerk tot sketse en drukwerk.”

Lotz is sedert 2012 heeltyds ’n kunstenaar en bedryf die kunsskool vir die gemeenskaplikheid daarvan om saam met ander te skep.

In 2015 het hy ’n uit­stalling van sy portret­studies in Gallery on Leviseur gehou.

“Vir dié uitstalling het ek kunswerke van mense wat ek ontmoet het, geskep en agterop ’n kort storie oor elkeen vertel.”

Hy sê stories fassineer hom en in elkeen van sy kunswerke is ’n storie.

“Ek het eendag hier naby Food Lover’s Market in Langenhovenpark by die verkeerslig lank met twee boemelaars sit en kuier. Hulle was op pad na Vioolsdrif.

“Ek vra toe wat op aarde hulle in Vioolsdrif wil gaan maak? Die een antwoord toe: ‘Hoekom nie, Hannes was nog nooit daar nie.’ ”

Die studente hou elke jaar ’n private uitstalling sodat vriende en familie na die werk wat hulle geskep het, kan kyk.

Kobus Lotz by van die sketse in sy ateljee in Langenhovenpark.
  • Kry meer inligting oor Lotz se kuns op sy Instagram-profiel of sy Facebook-blad.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.