Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Groei of agteruitgang?

Grootskaalse aanbouings by Prellerplein en die Northridge Mall, die splinternuwe vertoonlokaal van Sovereign BMW in Langenhovenpark, die Busamed-hospitaal by die Bram Fischer-lughawe (wat verlede week amptelik geopen is) en talle ander ontwikkelings skep die indruk dat die ekonomie in Bloemfontein blom.

Is dit egter die ware toedrag van sake? Bloemnuus het by sakelui in die stad uitgevind hoe dit met die plaaslike ekonomie gaan en of die ekonomie hier stilstaande is, groei of verswak.

Johan Wessels, ’n ekonoom en direkteur van The Enterprise Observatory of South Africa (EOSA), sê Bloemfontein as ’n metro is nou in ’n wisselwerking tussen stilstand en agteruitgang.

“Die nuwe belegging in kommersiële eiendom (Prellerplein en Northridge Mall) moet gesien word in samehang met die devaluasie van die sentrale middestad en die tekort aan onderhoud daar,” meen Wessels.

Hy sê daar is min bewys dat die stad vir nuwe nywerhede en geriewe in die dienste-sektor aanloklik is, en die stad is merendeels ’n streekspakhuis en handel­sentrum gekoppel aan ’n “oorgewig” publieke sektor.

Pano Joannides, ’n sakeman betrokke in die gasvryheidsbedryf, eiendomsektor en sake-makelary, meen daar is beslis ’n daling in verkope in die gasvryheidsbedryf.

Hy sê talle nuwe restaurante het die afgelope twee jaar in die stad geopen, maar die bevolking het nie noemenswaardig gegroei nie. Die gevolg is dat almal swaar trek.

Hy sê in vergelyking met verlede jaar vaar die eiendomsmark egter aansienlik beter, en hy meen dit is ’n direkte gevolg van die verandering in leierskap in die regering.

Wat vir hom baie kommerwekkend is, is klein ondernemings wat nie meer die mas opkom nie. Hy sê ondernemings wat nog tien jaar gelede gedy het, is nou te koop.

Werner Landman, voorsitter van die Bloemfontein Business Chamber (BBC) sê die voorgestelde minimum loon kan ’n groot invloed op ondernemings se kontantvloei hê.

Ook die busstakings en die ekstra koste van werknemers om by die werk te kom, raak onder­nemings en individue direk.

Van die ander faktore wat ’n ernstige invloed op ondernemings het, is die verhoogde petrolprys, die verhoging in BTW, hoër watertariewe en Eskom se tariewe wat moontlik tot 30% kan styg.

Landman doen ’n beroep op Bloemfonteiners om geleenthede soos die rugbytoets tussen Suid-Afrika en Engeland te ondersteun.

“Sulke geleenthede kan tussen R140 en R180 miljoen vir die stad inbring. Almal kan help om dit ’n sukses te maak om te verseker dat daar in die toekoms weer sulke geleenthede hier aangebied word.”

’n Ander faktor wat in ’n stad soos Bloemfontein ’n uiters negatiewe effek op oorsese belegging het, is die vereistes wat die regering aan dié beleggers stel.

Nog ’n sakeman in die eiendomsbedryf, Mike Spencer, sê ’n ander kwessie vir sake-ondernemings is veiligheid.

Hy verwys spesifiek na onder­nemings en nywerhede in Hamilton wat ly omdat die plakkerskamp tot digby dié gebied ontwikkel het.

Hy sê ook nuwe erwe wat in Ehrlichpark langs Coca-Cola uitgesit is, verkoop nie maklik nie omdat daar nog nie paaie en ander dienste beskikbaar is nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.