Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Groentjie verras met talle titels

Justine Holmes (19) ryg die wêreldtitels in kort nadat sy aan ’n uitdagende sportsoort begin deelneem het.

Dié oudleerling van die Hoër Meisieskool Oranje, wat liggaamsbou nog net sowat vyf maande beoefen, is oorstelp met haar prestasies in Bengaluru, Indië.

Sy het van 30 November tot 1 Desember in die Wêreldfiksheidsfederasie (WFF) se Asiese Pasifiese kampioenskap as ’n professionele liggaamsbouer gekwalifiseer.

Sy is as die amateur aërobiese­fiksheidskampioen en ook as wenner van die professionele aërobiesefiksheidsafdeling gekroon. Sy was ook eerste in die fiksheid-en-skoonheidskompetisie.

“Dit is ’n bewys van wat in vyf maande bereik kan word as jy vasbeslote is, alles insit en passievol is,” sê Holmes.

Holmes, ook ’n swemafrigter, leer baie oor die sportsoort van haar liggaamsbou-afrigter, Hende-Mari Strydom van ZooZ Lifestyle, wat as beoordelaar by die byeenkoms betrokke was.

“Om haar daar te hê, het die kroon gespan. Ek wou haar net trots maak, omdat sy al soveel vir my opgeoffer het.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.