Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Groep omarm Alzheimer-families

Die Vrystaatse Alzheimer-vereniging het drie ondersteuningsgroepe in Bloemfontein wat die familie en versorgers van mense met Alzheimer se siekte ondersteun.

Sanet Strydom, streeksbestuurder van die Vrystaatse Alzheimer-vereniging, sê die doel met hierdie groepe wat eenmaal per maand vergader is om ondersteuning en inligting te verskaf.

Familielede en versorgers het talle uitdagings om lyers positief en met empatie te hanteer.

“Tydens die byeenkomste deel die lede hul probleme, idees en ondervinding met mekaar en leer van mekaar,” sê Strydom.

“Ons rus hulle ook toe met kennis oor Alzheimer se siekte en demensie en alternatiewe versorgingsmetodes word bespreek. Groeplede ontwikkel ook ’n beter begrip oor moontlike keuses en besluite.”

Sy sê die groepe het ook ten doel om versorgers aan te moedig om hulself beter te versorg en aandag te skenk aan hul eie behoeftes om só hul eie gesondheid en welstand te beskerm.

Strydom sê hulle is spesifiek op soek na Engelssprekende familielede en versorgings om deel van die ondersteuningsgroepe te vorm.

Lesers wat meer inligting oor dié ondersteuningsgroepe wil bekom, kan ’n e-pos na managerfs@alzheimers.org.za stuur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.