Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Groep sluit jaar só af

Take Note, die Bloemfonteinse a cappella-groep, droom nie net nie, hulle voeg ook die daad by die woord. Dié mansensemble is reeds geregistreer vir die Wêreldkoorspele volgende jaar in België en niks gaan hulle keer om daaraan deel te neem nie. Herman Naudé, een van die koorlede, sê hulle samel reeds kliphard geld in vir dié uitstappie.

Maar eers verg die jaarkonsert Sondag (10/11) ál hul aandag. Die gehoor sal talle splinternuwe liedjies hoor, asook goue oues soos “And So It Goes” en “Can’t Hurry Love”, Afrikaanse liedjies en ’n Elton John-keurspel.

Die ensemble bestaan uit werkende jong mans met ’n liefde vir musiek, maar dit maak nie saak hoe lief jy vir sing is nie, dit bly ’n enorme taak om almal bymekaar te kry vir repetisies en natuurlik optredes, sê Naudé.

Take Note slaag al vier jaar lank daarin om nuwe repertorium te leer, gereeld op te tree en dit alles by hul werk en sosiale lewe in te pas.

Die groep het ook al in konserte saam met Corlea Botha, Jannie Moolman, Jennifer Jones en Bok van Blerk opgetree.

Die jaarkonsert vind om 20:00 in die Universitas-geloofsentrum in Strausstraat, Universitas, plaas. Die kaartjies kos R80 by die deur en is ook op www.phoenixpro.co.za beskikbaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.