Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Groot vermaak wag op kleingoed

Getrou aan die Vrystaat Kunstefees se aanbod is daar vanjaar weer talle kinderproduksies wat die jongspan ure lank sal vermaak.

Hans Haas, die blou haas, is terug met ’n nuwe storie en vanjaar neem sy avonture kinders na die see by Hartenbos.

Die produksiespan en akteurs is almal Bloemfonteiners. Die produksie is interaktief en in vanjaar se storie is daar ’n nuwe karakter wat in die see bly.

Hans Haas in Hartenbos is Maandag (09/07), Dinsdag (10/07) en Woensdag (11/07) om 10:00, ook Woensdag om 12:00, op Vrydag 13 Julie om 14:00 en Saterdag 14 Julie om 10:00 in die kykNET-repteater te sien.

Let it go with the FSSO is nog ’n interaktiewe produksie wat spesifiek op kinders gemik is. Die Vrystaatse sim­fonieorkes (FSSO) gaan liedjies uit bekende rolprente speel en kinders moet musiekinstrumente bring om saam te speel. Die vertonings is Woensdag om 10:00 en op 13 Julie om 10:00 in die Kunstetrust-Odeion.

Pip en Plop: Missie na Atlantis is nog ’n produksie eie aan Bloemfontein. Die boetie en sussie van die land Giggelaria gaan die kinders op ’n avontuur na die verlore stad Atlantis neem. Die vertonings is Maandag om 16:00, Dinsdag om 12:30, Woensdag om 14:30 en Donderdag om 10:00. Sommige vertonings is in Engels en ander in Afrikaans. Die vertonings is in die kykNET-repteater.

Lollos & Lettie vier vanjaar tien jaar saam en oud en jonk gaan saam sing en dans om dit te vier. Die vertonings word Donderdag om 10:00 en op 13 Julie om 10:00 aangebied.

Verder is daar Die brawe dade van ’n klein muis, ’n debuutproduksie wat die hartsnare gaan roer. Die vertonings is Maandag om 13:00, Dinsdag om 15:00, Woensdag om 17:00 en op 14 Julie om 13:30 in die kykNET-repteater.

The nursery rhyme effect in die kykNET-repteater gaan bekende kinderrympies laat herleef. Dit is ’n interaktiewe poppe-teater.

Dié debuutproduksie is Donderdag om 12:30 en 14:30 en op 13 Julie om 10:00 en 12:00.

Kaartjies is by Computicket te koop en die volledige program is aanlyn te kry.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.