Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Grootouers kan nog benoem word

Dit is vanjaar die tiende keer dat die Oupa en Ouma Roos-eerbewyse toegeken word, en dit gaan ’n baie spesiale geleentheid wees.

Saam met die geselligheid waarop oumas en oupas vereer gaan word, word ’n reünie beplan.

Alle grootouers wat sedert 2008 benoem is, word genooi om dié aand by te woon en mooi herinneringe te deel.

Met die oog hierop, is daar besluit om die afsny­datum vir vanjaar se in­skrywing tot 14 September uit te stel sodat meer ouers en kleinkinders die geleentheid kan kry om grootouers te benoem.

Dit is vir kleinkinders ’n reuse-voorreg om ’n ouma of ’n oupa – of selfs ’n ouma én ’n oupa – in dieselfde stad te hê.

’n Gala-geleentheid, waarop die reünie ook sal plaasvind, word weer by die Magic Events-troue- en geselligheids­lokaal in Kelleysview gehou.

Grootouers sal op dié ge­leentheid vereer word, en kinders en kleinkinders sal die samesyn met hul grootouers kan vier.

Die geselligheid vind op 16 Oktober plaas, en is deel van Bloemfontein se Rosefees.

Sune Malherbe het reeds haar ouma en oupa Sannetjie en Tienie Delport van Universitas benoem.

Sy sê die spreekwoord “vinkel en koljander” som haar ouma en oupa se verhouding op, want die een kan nie sonder die ander.

“My ouma en oupa glo dat niks in die lewe alleen aangepak moet word nie – dít is hoekom hulle 56 jaar gelede trou voor God beloof het.”

Ná jare op ’n plaas by Hertzogville het die egpaar in 2009 na Bloemfontein verhuis sodat hulle nader aan hul kinders en kleinkinders kan wees.

Ans Coetzee, direkteur van Athalia, nooi almal wat deur die jare by die Oupa en Ouma Roos-eerbewyse betrokke was, om dié spesiale geselligheid weer vanjaar by te woon.

“Bring die kinders, kleinkinders, familie en vriende en kom kuier lekker saam.

“Stuur ook vir ons foto’s van jou spesiale aand sodat ons dit by die reünie kan vertoon,” sê Coetzee.

“Ons is baie opgewonde oor hierdie eerste reünie van besonderse oumas en oupas.”

  • Is jou ouma of oupa ’n ware omgee-mens wat vir jou baie beteken?

Benoem hulle vir Athalia se jaarlikse Oupa en Ouma Roos-eer­bewyse.

Dit is nie ’n kompetisie nie, bloot ’n dankiesê-geleentheid vir alles wat grootouers vir hul kinders en kleinkinders beteken.

Benoem jou groot­ouers op die webwerf athalia.co.za.

Benoemings of besprekings vir die reünie kan ook gedoen word deur Coetzee by 082-467-6471 te bel, of stuur ’n e-pos na ans@athalia.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.