Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kunstenaar dra vele hoede
Die Schmidt-gesin is hier van links Werner, Heinrich (6), Anneline en Petro-Mari (9).Foto: Mudboots Photography

In 2006 het Bloemfonteiner Werner Scmidt (43) ’n salaris prysgegee vir ’n lewe waarin hy mense op ’n ander manier kon raak met sy idees.

Werner sê hy soek na die perfekte kombinasie om besigheid en kreatiwiteit te kombineer.

Deesdae dra hy vele hoede – gesinsman, kreatiewe kunstenaar, lewensafrigter en hy werk ook in finansiële dienste en kommunikasie.

Dit was eers redelik onlangs dat hy ontdek het dat musiek vir hom ’n wonderlike middel is om sy talente te kombineer. Onder die naam Werner FM het hy verlede jaar sy album, The Story of Adam & If, bekend gestel in soos hy dit noem ’n bekendstelling wat oor twee jaar strek.

Die bekendstelling het begin by die Grahamstad Kunstefees se Fringe in Julie verlede jaar waar hy saam met perkussiespeler Jaco de Wet as Werner FM & J-Man opgetree het. Daar het hulle dertien vertonings in ses dae aangebied en Werner was die gasheer van SAFM se Sundowner-vertoning wat by die Rhodes Memorial aangebied is.

Kort daarna het hulle opgetree by die Frynge van die Vrystaat Kunstefees wat vir hom ’n hoogtepunt was. Vir dié vertoning het die baskitaarspeler John Smith hom by hulle aangesluit.

Werner, wat formele klassieke kitaaropleiding het, skryf al sy liedjies self. Sy liedjies is soms filosofies en soms pret met ’n weefsel van rock, reggae en ander musiek. Sy liedjies vertel stories soos die een van Dark Madonna wat hy geskryf het nadat hy ’n vrou en haar kind by ’n straatsmousstalletjie raakgeloop het.

“Die lewe het liedjies in my gevorm,” vertel dié veelsydige man. “Die meeste liedjies ontstaan organies – soms binne minute.”

Hy glo daar moet ’n brug gebou word tussen kommersiële en kreatiewe liedjies.

Hy tree gereeld op by korporatiewe geleenthede, by markte en feeste en dikwels ook by die restaurant 59Plenty waar hy in 2016 die eerste keer opgetree het.

Werner en sy vrou, Anneline met wie hy al 17 jaar getroud is, gee tuisonderrig aan hul kinders Petro-Mari (9) en Heinrich (6). Petro-Mari is te sien in Werner FM se musiekvideo You’re my favourite female, dear. Benewens liedjies en musiek skryf, vervaardig hy sy eie musiekvideo’s.

In 2013 het Werner sy eerste boek, 75 Bucks, geskryf en in 2014 het hy die interaktiewe-kindertoneelstuk Plat Anna – die paddatjie wat opgestaan het geskryf.

Verwag sommer nog baie van hierdie man met die storie-hart wat inspirasie put uit diverse mense en gebeurtenisse.

  • Gaan loer na Werner FM se musiek op YouTube en staan ’n kans om een van drie CD’s van The Story of Adam & If te wen deur Bloemnuus se Facebookblad te besoek.

Wie sê wat?

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.