Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Harte dans met pompon-vreugde

Heidedal se eerste pompon-groep steel oral harte en het boonop onlangs ’n spog­gerige A+ vir optrede verwerf.

Dit alles danksy ’n onderwyser by die Laerskool Credence, Mariska du Toit, wat haar passie vir dans verder geneem het en die pompon-groep by dié skool begin het.

Mariska, wat in haar studentejare aan die Universiteit van die Vrystaat ’n danser vir die Vrystaat Cheetah- en die Shimla-rugbyspan was, rig ook die Hoërskool Sand du Plessis se pompon-groep af.

Sy het verlede jaar voor Credence se Big Walk meisies bymekaar gemaak om vooraf te dans en ’n bietjie te help gees bou vir die geleentheid.

Die meisies het dit só geniet dat sy besluit het om aan die begin van dié skooljaar ’n meer formele pompon-groep te stig.

Oudisies is gehou en 14 meisies is vir die skool se eerste pompon-groep gekies.

Die groep se heel eerste amptelike optrede was op Bloemskou, toe die groep aan die Bloemskou Dance Extravaganza deelgeneem het.

Sedertdien het die groep al by verskeie ma-en-dogter-oggendgesellighede opgetree.

Die groot geleentheid was egter toe die groep deel kon wees van die Hoërskool Sand du Plessis se musiekfees in Augustus. Mariska sê die meisies was vreeslik opgewonde om die eerste keer in die Sand du Plessis-teater op te tree.

Op 22 Augustus het die groep aan die Hoërskool Dr. Böhmer se Revista vir ritme-groepe deelgeneem en ’n A+ behaal.

Keamohetse Motlokoa (gr. 7) sê vir haar is die lekkerste om deel van die groep te wees om op nuwe plekke te kom en by ander skole op te tree.

Nog ’n gr. 7-leerling, Elrencha Fischer, sê sy is mal oor hul oulike blou-en-geel-uitrustings.

Die groep bestaan uit gr. 6- en gr. 7-leerlinge.

Mariska sê die geldelike aspek was ’n uitdaging toe sy met die groepie begin het. Sy en die meisies moes geld insamel om die uitrustings te laat maak en die pompons te koop.

Sy meen dit is egter alles die moeite werd.

Benewens nuwe geleenthede wat die meisies kry, het hul selfvertroue ook ’n wonderlike hupstoot gekry, sê Mariska. Sy sê van die ander onderwysers getuig dat die meisies duidelik meer selfvertroue het.

Mariska sê sy sal beslis volgende jaar daarmee voortgaan en dan sal nog meisies die geleentheid kry om deel van die groep te wees.

Benewens netbal en hokkie bied die skool nie baie ander buitemuurse aktiwiteite aan nie en dié pompon-groep het vir 14 meisies ’n deur oopgemaak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.