Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Herwin saam

Herwinning is een van die projekte waaroor die Fichardtpark Woonbuurt­vereniging (FWA) ernstig is.

Volgens Johanna Venter, woord­voerder van die vereniging, is rommelherwinnaars steeds goed bedrywig op Donderdae wanneer die vullissakke in dié woonbuurt uitgesit word.

Sy sê dit skep ’n probleem omdat die vereniging probeer om die woonbuurt netjies te hou.

’n Bykomende herwinningsplan, in samewerking met ’n diensverskaffer wat elke laaste Saterdag van die maand op die parkeerterrein by die biblioteek blikkies, bottels, papier en plastiek versamel, is in Julie begin.

Venter sê op 25 Augustus het dié metode van herwinning werp vrugte af. reeds meer herwinbare produkte opgelewer as op 21 Julie.

Sy sê die FWA ondersteun die vermindering van die gebruik van plastiek en verkry inkopie­sakke sodat die aankoop van plastieksakke by winkels verminder kan word.

Bloemfonteiners word genooi om op Saterdag 15 September van 09:00 tot 12:00 hul e-afval na die parkeerterrein by die Fichardtpark-biblioteek te bring.

Dit sluit alle produkte in wat met elektrisiteit of batterye werk waarvoor mense nie meer nut het nie.

Gewone herwin­bare produkte sal ook ontvang word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.