Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hitte plaas nog stremming op lae watervlak

Met die son wat oor die Vrystaatse hoofstad neerskroei in ’n tydelike hittegolf, hoop die probleme in die stad net op.

Die Maselspoort-watersuiweringsaanleg wat die noorde van die stad van water voorsien, is Maandag (25/11) afgeskakel omdat daar nie genoeg water is nie.

Adv. Thankiso Mea, stadsbestuurder, sê geld is aan Bloem­water betaal sodat water uit die Rust­fonteindam gelaat kan word vir die Maselspoortdam.

Rossouw Botes, DA-raadslid, het Woensdag (27/11) gesê as die regte hoeveelheid water losgelaat word en Maselspoort via Mockesdam bereik, neem dit sowat twee en ’n half dae. Dan moet die aanleg eers weer aangeskakel word voordat dit ten volle in werking is. Hy het gesê teen Woensdag 08:30 was nog geen water uit Rustfontein vir hierdie doel gelaat nie.

Volgens die departement van water en sanitasie se amptelike kennisgewing oor die vlak van damme, was die Rustfonteindam Woensdag 24,87% vol. Die Arboretum-reservoir, wat die meeste van die noordelike voor­stede van water voorsien, was Dinsdag 69% vol en is volgens Botes aangevul deur water uit die Hamilton-reservoir.

Intussen het Eskom ook gedreig om Mangaung en twee ander munisipaliteite se krag op Dinsdag 3 Desember daagliks van 06:00 tot 20:00 af te skakel oor wanbetaling deur dié munisipaliteite. In ’n nuusverklaring het Centlec, Bloemfontein se kragvoorsiener, gesê sy Eskom-rekening is opbetaal. ’n Vergadering is vir vandag (28/11) tussen Centlec en Eskom gereël.

“Centlec wil Mangaung-ver­bruikers verseker dat ons alles in ons vermoë sal doen om die ligte aan te hou,” het Lele Mamatu, woordvoerder van Centlec, in ’n nuus­verklaring gesê.

Kragonderbrekings sal ook ’n invloed hê op die pomp van water na reservoirs in die stad.

Die Suid-Afrikaanse weerdiens sê die hittegolf behoort nog tot Vrydag te duur, maar volgens die toepassing AccuWeather lyk dit nie asof temperature voor Dinsdag (03/12) effens gaan daal nie.

Ironies genoeg gebruik mense meer water wanneer dit so warm is, juis terwyl water gespaar moet word omdat water oor die naweek kan opraak. Waterbeperkings in die Mangaung-metro geld steeds.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.