Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hoe meer siele, hoe minder vullis

Die derde groot skoonmaak­sessie gedryf deur die Shoprite-groep se Vrystaat-streekkantoor word Saterdag (12/05) in Bloemfontein se middestad aangepak.

Stefan Gouws, afdelings­bestuurder, doen ’n beroep op Bloemfonteiners om deel van dié veldtog te word.

“Die skoonmaak van die stad is nie net die munisipaliteit se verantwoordelikheid nie, maar ook die plig van elkeen wat in die stad woon,” sê Gouws.

“Ons wil graag ’n voorbeeld stel en hoop ons optrede bemoedig ander om hulle by ons aan te sluit.”

Dit sal Saterdag die derde keer wees dat vrywilligers ’n skoonmaaksessie uitvoer.

Volgens Gouws dra talle individue en ondernemings tot die veldtog by.

“Ons is dankbaar vir almal wat help om Bloemfontein se middestad skoon te maak. Hulle help ons om weer trots te wees op ons stad.”

Sowat 400 vrywilligers, in­sluitend munisipale verteen­woordigers, word Saterdag om 07:00 verwag.

Mense wat aan die veldtog wil deelneem, moet hulle vooraf aanmeld sodat genoeg hand­skoene, vullissakke en maskers beskikbaar sal wees.

Vrywilligers kom hierdie keer op Hertzogplein in Pres. Brandstraat byeen.

Nog skoonmaaksessies word vir 16 Junie, 18 Julie en 11 Augustus beplan.

Vrywilligers kan hul deelname aan die veldtog bevestig deur die streekkantoor by 051-410-7700 te bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.