Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hof beveel 7 moet sake verskuif

Nog sewe van die talle onder­nemings wat soos paddastoele op woonerwe in Dan Pienaar opgeskiet het, moet hul deure daar sluit, het die hooggeregshof in Bloemfontein beveel.

Dit kom nadat die hof ’n maand gelede vir Dynamic Gas & Lifestyle by Louw Wepenerstraat 12, Dan Pienaar, Bloemfontein, ’n maand gegun het om die huis waarin hy sake doen te ontruim omdat die erf net vir woon­doeleindes gesoneer is.

Luidens die jongste hofbevele wat Donderdag (29/08) deur regter Soma Naidoo by oor­eenkoms tussen die partye gemaak is, is die eienaars van sewe woonerwe in die woonbuurt tot 1 November gegun om die sakebedrywighede op die onderskeie erwe te staak.

Die sewe ondernemings is: Shoot­ing Supplies by Louw Wepenerstraat 6B, Sapcor by Genl. Hertzogstraat 85, Getcet & Ellman’s Modes by Louw Wepenerstraat 1, Creative Thinking by Albrechtstraat 92, Azar Account­ants by Genl. Hertzog­straat 62, Global Wise by Genl. Hertzog­straat 42 en Perfect Pulse by Genl. Hertzogstraat 60.

Naidoo het gelas dat die eienaars van dié woonerwe dit net vir woondoeleindes mag gebruik. Hulle moet ook die regskoste van die aansoeke teen hulle betaal. Van die belangrikste klagte teen die ondernemings is dat dit die hele karakter van die woonbuurt verander. Mense het daar woonhuise gekoop met die verwagting om in ’n gewone woongebied te woon.

Bruce Blair van Blair-prokureurs het namens die aansoekers die sewe aansoeke voor Naidoo gebring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.