Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hoop op reën

Ek moet maar my bedanking by die redakteur indien, want sien, ek is nie ’n reën­korrespondent nie.

Die vierde maand agtereenvolgens het ons in die noorde van die Rosestad nie ’n druppel reën gehad nie.

Of dalk moet ek meer optimisties rapporteer dat ons ’n dag nader aan ons reën is, want Willowmore en Beaufort-Wes het laat weet dat hulle goeie neerslae gehad het.

In Hartenbos het glo 50 mm in ’n kwartier geval. Ek is seker dat ons hier in die mooiste maand kort voor lank ook genade-druppels op ons plaveistene gaan sien – sommer baie daarvan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.