Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hotel vier ryke geskiedenis

Karoo Super Lamstjops teen R2,50 en Roomys Republiek teen 50c.

Dit is van die “onthou jy nog”-voorbeelde wat ’n mens op die spyskaarte, foto’s en ander aandenkings in die nuwe uitstalling oor die destydse Hotel Bloemfontein (vandag Bon Hotel Sentraal) se geskiedenis kan uit­snuffel.

Pieter van Rooyen, hotel­bestuurder, het die uitstalling saamgestel met aandenkings wat dateer uit die tydperk sedert die hotel in 1972 op sy huidige perseel gebou is, tot nou.

Die Hotel Bloemfontein was eens aangrensend aan Hoffmanplein, maar met die oprigting van die Federale Volksbeleggings (FVB) se sentrum in die middestad is die hotel na die huidige perseel verskuif.

Deur die jare is die hotel deur verskeie groepe bestuur, totdat dit in 2016 deur die Bon-groep oorgeneem is.

Van Rooyen sê dié hotel met sy ryke geskiedenis is die oudste hotel in die stad en doen steeds flink sake.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.