Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Iets vir ’n ieder en ’n elk op Stroom 3

Daar is volgende week baie om na uit te sien in die Vrystaat Kunstefees se Snelstroomsluipkyk-reeks.

  • Stroom 3 begin Maandag (29/06) met ’n week van pret vir die kinders, ’n blik op die ANC-politiek en almal se toekoms saam met Ruda Landman, musiek en meer. Hans Haas se Hoopvolle Dag – 29 Junie om 10:00.

Kinderteater met Xander Steyn, Blanche Botha, Charlene Taljaard, Jené Heymans, Marnique Labuschagne en Juan Pinnick.

  • Hans Haas en sy dieremaats het besluit om in hierdie inperktyd ’n lekker Histeriese Hoopvolle bymekaarkom-daggie te hê! Kom speel saam! Kaartjies kos R40 en stroming daarna is beskikbaar. Ruda om 11: ANC-politiek en ons almal se toekoms – 30 Junie om 11:00.
  • Ruda Landman praat met Moe Shaik oor The Bible Project. In Junie 2019 maak  Jacob Zuma by die Zondo-kommissie spioenasiebeskuldigings teen mede-ANC-lede. Zuma se opportunistiese beskuldigings spruit deels uit 'n projek gelei deur Shaik, die voormalige staatsveiligheidshoof in die 1980's. Dit het bekend geword as The Bible ProjectIn die memoir The ANC Spy Bible: surviving across enemy lines vertel Shaik nou sy kant van die verhaal en neem hy lesers op ’n opwindende rit deur die onstuimigste en onsekerste dele van Suid-Afrika se laat apartheid en oorgangsverlede.  Kaartjies kos R15 - 30 Junie om 11:00.
  • ’n Interdissiplinêre stuk met danse en eksperimentele klanke geïnspireer deur die werklike multi- kulturele gemeenskap van mense in Johannesburg wie se kulture van oral heen bymekaarkom. Die werk vind nuwe maniere om klank en beweging te versmelt om ’n vertelling van migrasie, onderdrukking, opsluiting en uiteindelik be- hoort te weef. Kaartjies kos R30.Liv Die X Vukallective – 2 Julie om 19:00.

Die alternatiewe musiek van Liv weerspieël die rykdom van emosies van een van Suid-Afrika se opkomende sterre. Haar stem, die melodieë, die reëlings wat sy gekies het om haar gevoelens mee te laat verdwyn, kom saam in ’n visuele weergawe van Liv en die Vukallective-span. Die program bevat liedjies soos Peace and War, Monsoon, Luister, Net woorde en vele meer. Kaartjies kos R30.

  • Kaartjies is beskikbaar by www.satod.co.za. Daar is ook ’n skakel vanaf die webblad vrystaatkunstefees.co.za.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.