Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Inkopie-ervaring groter

Groot opgewondenheid het geheers toe die nuwe vleuel van die Fleurdal Mall Donderdag (01/08) amptelik geopen is.

Veral inwoners in die suide van Bloemfontein kan uitsien na ’n beter inkopie-ervaring met die toevoeging van 6 000 m² tot die bestaande winkelsentrum.

Andrie Els-Goosen, sentrumbestuurder, sê die nuwe ontwikkeling, wat ’n splinternuwe Woolworths en Dischem insluit, het 12 maande geduur. Die sentrum is nou ongeveer 30 000 m² groot.

Die Fleurdal Mall huisves die ankerhuurders Checkers Hyper, House & Home en die Checkers-drankwinkel.

Die sentrum het ook ’n groot verskeidenheid nasionale huurders en verskeie spesialiteitswinkels.

Burger Bothma, Investec Property Retail se afdelingshoof, sê hulle is opgewonde oor die nuwe toevoegings.

Benewens Woolworths en Dischem, sluit dit ’n nuwe Hi-Fi Corporation, Mr Price Sport Markhams in.

“Ons probeer altyd om aan die verbruiker ’n groter verskeidenheid te bied en dit vir mense gerieflik te maak om hul inkopies by die Fleurdal Mall te doen. Dit is ’n eenstop-winkelsentrum waar jy alles kan kry wat jy nodig het,” sê Els-Goosen.

Sy sê bykomende parkeerplekke is nou ook naby die nuwe gedeelte aan die kerk se kant van die sentrum beskikbaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.