Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Inperking: ‘Tref balans tussen lewens en lewensonderhoud’

Daar is groot kommer oor premier Sisi Ntombela se uitspraak dat sy meen die Vrystaat is gereed om oor te skuif na Covid-19 se risikovlak 3, terwyl die Mangaung-metro steeds op vlak 4 behoort te bly.

Sy het die aangekondig gedoen tydens ’n mediakonferensie wat Dinsdag (19/05) in die stad gehou is.

Nancy De Sousa, president van die Mangaung Kamer van Handel en Nywerheid (MCCI), sê dit sal onmoontlik wees om Bloemfontein van die omliggende dorpe af te sny, omdat baie van hulle juis afhanklik is van voorraad wat net in die stad beskikbaar is.

“Die Vrystaat het die heel minste hulp van die Covid-19- spesiale hulpfondse ontvang. Nou word daar verdere beperkinge voorgestel,” sê De Sousa.

“Die motief van die provinsiale regering se besluite is nie in die belang van die provinsie wat hulle verteenwoordig nie.

“Ons is reeds op ons knieë. Hoe kan sulke voorstelle gemaak word wat geen sin maak nie?”

Roy Jankielsohn, die DA-leier in die Vrystaatse Wetgewer en koukusleier, het kort ná die aankondiging gesê dat die DA ’n brief aan die premier geskryf het waarin versoek word dat die hele Vrystaat na vlak 3 of selfs vlak 2 afgegradeer word.

“Mangaung dra die grootste deel by tot die provinsie se ekonomie en so ’n besluit sal die ekonomie verder knou en lei tot meer afleggings,” het hy gesê.

“Daar moet balans wees tussen lewens en lewensonderhoud.

“Die doel met die grendel­status was dat die departement van gesondheid genoeg tyd sou hê om voor te berei vir die ergste scenario wat Covid-19 moontlik kon meebring. Die doel was nie om mense se lewensonderhoud op die duur te vernietig nie.”

De Sousa sê talle ondernemings in die stad maak nou planne om produkte te verkoop wat as noodsaaklik geklassifiseer kan word.

“Ons raai hierdie ondernemings aan om by al die gesondheids­regulasies te hou. Vir baie van die kleiner ondernemings gaan dit om oorlewing van die eienaar en sy werknemers.”

Jan van Niekerk, die VF+ se leier in die Vrystaat, sê die stap kan na nadelige gevolge vir die hele provinsie lei.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.